Suikervry Agt Weke na vryheid van suiker en koolhidraatverslawing

Click to enlarge
Click to enlarge

Out of print

9781920289850

Nie-fiksie / Non-fiction: Tuinbou / Gardening

R 250
IS jy 'n suikerverslaafde? Smag jy na soetgoed, brood, pasta en souserige kos? Ervaar jy lusteloosheid en gemoedskommelings omdat jou bloedglukose die hoogte inskiet en dan weer skerp daal? Ry jou gewig buite beheer wipplank? As jy ja antwoord op enige van hierdie vrae, kan jou gesondheid 'n tikkende tydbom wees.
Waar vet voorheen die vyand was, wys wetenskaplikes ons nou daarop dat die groot hoeveelhede suiker wat ons inneem ons ongesond maak.
Suikervry is propvol wetenskaplike navorsing en voedingsadvies om jou te help om suiker- en koolhidraatverslawing te verstaan. Dit bevat weeklikse maaltydplanne en resepte wat deur 'n dieetkundige goedgekeur is, en sluit opsies vir vegetariërs in, asook dagboekoefeninge om jou te help om die denkpatrone, en die fisieke en emosionele kettings van ou eetpatrone te breek.
Jy hou die antwoord op 'n volhoubare suikervrye lewenstyl in jou eie hande. Met hierdie eenvoudige en doeltreffende agtweekprogram om suiker uit te sny, kan jy en jou gesin die gesondheidsvoordele van verhoogde energievlakke en gewigsverlies geniet.

Karen Thomson is die stigter van die Harmony Eet- & Leefstyl-program (HELP) helpdiet.co.za, die wêreld se eerste program vir binnepasiënte wat koolhidrate en suiker as 'n verslawing
behandel. Sy het die program saam met professor Tim Noakes, dieet-kundige, Rael Koping en die Harmonyverslawingskliniek begin. Sy het ook 'n aanlynprogram, 'The Sugar Free Revolution'.
Kerry Hammerton is 'n lewenstyl- en gesondheidsafrigter. Sy is die skrywer van twee poësiebundels, These Are The Lies I Told You en The Weather Report. Kerry het 'n lisensiaat in akupunktuur en is 'n geregistreerde Dokter van Chinese Medisyne en Akupunktuur in Suid-Afrika.
Tamzyn Campbell is 'n geregistreerde dieetkundige, met 'n BSc-graad in Menslike Lewens-wetenskappe van die Universiteit van Stellenbosch, en 'n BSc Med (Hons) Human Nutrition and
Dietetics van die Universiteit van Kaapstad. Sy is die voedings-redakteur en -skrywer by die tydskrif, Health Intelligence. Tamzyn lewer gereeld bydraes tot verskeie publikasies, staan
onderhoude op radio en televisie toe en is betrokke by onderwys en opleiding
Publication date: 2015-07-01

© All Rights Reserved 2017
A Product of CEIT Development