Ena Murray Oordenkings

Click to enlarge
Click to enlarge

Out of print

9780796318770

Christelik / Christian: Devotionals Women / Dagstukke - Vroue

Christelik / Christian  -  Devotionals Women / Dagstukke - Vroue
R 185
R 148You save R 37
In talle huise het Ena Murray deur die jare 'n bekende en geliefde naam geword. Wie haar boeke ken, sal weet: hier is iemand aan die woord na wie 'n mens graag luister, iemand by wie jy tuis voel.
En nou, in dié hersiene, bygewerkte uitgawe (bygewerk met nuwe stukkies en gedigte uit haar boek Roosknop vir 'n engel - verse vir 'n vrou) van Ena Murray Oordenkings kom lê sy weer besoek af by haar duisende vriende - hierdie keer met 'n dwingende uitnodiging: Kom loop saam met my die pad wat die Here vir sy mense bestem het! Uit haar persoonlike omgang met die Skrif, uit haar eie ervaring met die lewe van die gees bring sy in 366 dagstukke boodskappe vir elke dag van die jaar. Sy vermaan, sy verduidelik, sy bemoedig, sy roep op tot nadenke. En dan, aan die einde van elke dagstuk, lei sy haar lesers in 'n kort, kernagtige gebed na die Troon van Genade. Ena Murray Oordenkings is 'n boek vir die private stiltetyd, ongeag die ouderdom van die leser. Dit is ook 'n boek vir die gesin wat sáám oor die dinge van God wil besin.
Publication date: 2014-08-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.