Die Eerste siklus

Click to enlarge
Click to enlarge
9780798156271

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 400
R 320You save R 80
Die eerste lewe van Colet
Hilaria
Die mugu

'n Belangrike heruitgawe. Die verband en samehang tussen Etienne Leroux se eerste drie romans is nie in die vyftiger- en sestigerjare al raakgesien nie; die sikliese aard is eers later bevestig en die drie romans is in 1986 die eerste keer in een band gepubliseer as Die eerste siklus.

Die eerste lewe van Colet (1955) is 'n ontwikkelingsroman in kroniekvorm; die leser beleef die seun Colet se groei van kind tot jong volwassene (die tydperk is 1921 tot ongeveer 1942), met as fokus sy seksuele ontwaking.

Hilaria (1957) volg daarop en vertel hoe Colet, ná sy terugkeer van die oorlog (in die jaar 1946) help met 'n advertensieveldtog vir plastiek-blindings.

Die mugu (1959) is 'n satiriese reisverhaal: die dooltog van Gysbrecht Edelhart deur die strate van Kaapstad. Elize Botha het daarna verwys as die eerste siklus 'in die groter siklus-in-wording wat Etienne Leroux se werk in wese is'. Dit vestig reeds die patroon van mitiese parallele wat in Leroux se latere romans so sterk voorkom.
Publication date: 2012-04-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.