Prooi

Click to enlarge
Click to enlarge
9780799375169

Fiksie: Romans

R 270
Fanie Viljoen het in 2014 twee opspraakwekkende tekste gelewer: Pleisters vir die dooies (oor 'n skoolskieter) en toe Uit (oor 'n gay seun se soeke na aanvaarding).
Nou is hy terug met 'n groot knal -- 'n sielkindige riller. Prooi, sy eerste volwasse roman, beloof om die lesers én die kritici weer te laat regop sit. Prooi gaan die leser stadig maar seker in sy verleidelike kloue kry ... en voor jy weet, is dit te laat om te ontsnap.
Drie lewens raak onomkeerbaar inmekaar verstrengel:
- Cody Young, die player, wat met losbandige seks desperaat op soek is na homself;
- Owen Jooste, die hokvegter, met die drome, woede en jaloesie;
- en tussen hulle staan Lauren Cooper, die beeldskone verleidster, wat op 'n pad van selfvernietiging beland.
Wie is uiteindelik die jagter, en wie die prooi? En wat gaan aan by die sinistere nagklub - Black Valentine?
Sluip daar moontlik nóg 'n jagter rond?
Fanie Viljoen is een van Suid-Afrika se heel beste verkopers. In die afgelope twee jaar het sy naam meer as vyftig keer op Nielsen se topverkoperlyste verskyn.
Fanie is 'n Bloemfonteinse skrywer van meer as dertig kinder- en jeugverhale, waarvan talle met literêre pryse bekroon is.
Publication date: 2015-05-01

© All Rights Reserved 2017
A Product of CEIT Development