Discount only on online purchases

Voëlvry

Click to enlarge
Click to enlarge
9781415201879

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 180
R 162You save R 18
Wanneer dinge te warm raak vir die skatryk Duitse swendelaar Hans-Joachim Kramer, vestig hy hom en sy jong gesin op 'n plaas in Namibië. Hy stel vir Daantjie Weerlig as voorman aan om hom met sy boerdery te help. Kramer pas gou aan by die nuwe land en sy mense, maar vir sy blondekopvrou en hul tweeling raak die ongenaakbaarheid van die nuwe tuiste gou te veel en hulle keer terug Duitsland toe.

Wanneer Kramer vir Vaalperd Ses in diens neem, neem sake 'n dramatiese wending. Dié nuweling kruis swaarde met Daantjie Weerlig en hy sweer wraak wanneer hy uiteindelik gevra word om die plaas te verlaat.

Intussen is 'n lasbrief vir die inhegtenisname van Kramer in Duitsland uitgereik. Die agent wie se taak dit is om Hans-Joachim uitgelewer te kry, betrek die meedoënlose Vaalperd Ses om die Duitser die skrik op die lyf te jaag - met bloedige gevolge.

Gou word alles wat vir Kramer kosbaar was hom ontneem, maar dan ontmoet hy n jong vrou, Rachel da Silva, wie se wortels stewig geanker is in Afrika-grond.
Publication date: 2015-11-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.