Discount only on online purchases

Druktegnieke by Dosyne

Click to enlarge
Click to enlarge
9781928201588

Nie-fiksie / Non-fiction: Crafts & Hobbies & DIY / Stokperdjies & Handwerk

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Crafts & Hobbies & DIY / Stokperdjies & Handwerk
R 220
R 198You save R 22
Drukwerktegnieke by dosyne beskryf 'n groot verskeidenheid druktegnieke en bied pragtige praktiese projekte waarvoor jy nie pers- of spesiale vaardighede nodig het nie. Die skrywer gee aanwysings vir alles van stempel- en stensilwerk tot verskeie reliëfdrukwerkmetodes, insluitend lino-, tekstuurplaat- en kallograafdrukwerk, asook vier soorte skermdrukwerk.
Hierbenewens is daar projekte met son- en sianotipe drukwerk en kan jy leer hoe om roes en plantmateriaal vir 'eko'-tipe afdrukke te gebruik. Daar is 'n unieke benadering tot oordragmetodes en gewysigde afdrukke wat hierdie druktegnieke baie toeganklik maak. Verreweg die grootste en opwindendste deel van die boek is dié oor mono-afdrukke en monotipe afdrukke, met die klem op gela-afdrukke. Angie Franke gebruik haar gelatienbasis-drukkussings (die resep is ingesluit), asook Gelli Platedrukkussings en klei-afdrukke om monodrukwerktegnieke op vele verskillende maniere aan te bied. Hiermee saam gebruik sy ander prosesse in die boek om 'n fassinerende eindproduk te skep: laag-op-laag ryklik gekombineerde kleurafdrukke wat met stempel-, stensil-, maskeer- en tekstuurplaat-toerusting geskep word. Die aanwysings is maklik om te volg en die manjifieke foto's sal 'n ieder en 'n elk inspireer om afdrukmakery op die proef te stel.
Publication date: 2015-10-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.