In die voetspore van Jesus

Click to enlarge
Click to enlarge
9781431615124

Christelik / Christian: Christelike Leefwyse / Christian Living

R 140
"Gaan vertel die wêreld van My." Dit was Jesus se opdrag aan gewone mense. Mense soos Petrus, wat sy Here verloën het en die ongelowige Tomas, wat nie wou glo dat Jesus opgestaan het nie.
Piet Meiring se In die voetspore van Jesus bied vir lesers 'n blik op die mense agter die name waarvan ons in die Evangelies lees, soos:
- die dissipel Matteus, wat die oud-tollenaar Levi was, wat een van die Evangelies geskryf het.
- Jakobus en Johannes (die seuns van die donder) wat waarskynlik Jesus se neefs was.
In die voetspore van Jesus vertel ook van hedendaagse dissipels wat kragtig van Jesus getuig. Mense soos moeder Teresa en Henri Nouwen, maar ook mense soos die 30 meisies van Kampala en rolspelers in Suid-Afrika wat steeds Jesus se liefde uitleef. Daar is ook foto's van die mense wie se verhale vertel word en elke hoofstuk sluit af met besprekingsvrae.
Dié boek wys lesers hoe belangrik die opdrag is wat Jesus vir sy dissipels én ons gegee het, en hoe Hy énigiemand kragtig kan gebruik om sy boodskap uit te dra.
Publication date: 2016-06-01

© All Rights Reserved 2017
A Product of CEIT Development