Eenkantland

Click to enlarge
Click to enlarge
9781920608019

Fiksie: Romans

R 150
Net soos Dalene Matthee se bosromans sinoniem geword het met die Knysnawoud, moet 'n mens Theunis Uys se stories in dieselfde asem noem as Namakwaland. Sy skerp waarnemingsvermoë en verstommende geheue gee soveel lewe aan 'n leeftyd se herinneringe dat 'n mens 'voel asof jy die mense hoor praat en die veld weer ruik'.

Eenkantland - Venster op Namakwaland verteenwoordig 'n keur uit Theunis se vier selfgepubliseerde verhalebundels, met 'n voorwoord deur die bekende reisskrywer Dana Snyman. Daar is sowat 2 500 eksemplare van Theunis se eerste bundel, Namakwaland, my hartland, alleen verkoop - ongelooflik as 'n mens in ag neem dat daar geen formele verspreidingskanaal was nie.

In Eenkantland neem Theunis die leser van Tataspiek se spits tot by die onderaardse dieptes van die streek se diamant-rykdom, en oral tussenin. Hy vertel van die swaarkry en vindingrykheid van Namakwaland se kleurryke karakters, die gebied se unieke natuurerfenis, die snaakse interaksie tussen mens en dier, en hope lekkerlag-insidente. Hierdie verhale laat 'n mens verwonderd oor die humor, patos en leefrykheid van Namakwaland se mense.
Publication date: 2012-09-01

© All Rights Reserved 2017
A Product of CEIT Development