Offerlam

Click to enlarge
Click to enlarge
9780799377118

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 315
R 252You save R 63
MAROELAMEDIA BOEK VAN DIE MAAND - DESEMBER 2015

Die Kongo, 1961: 'n Man word koelbloedig vermoor en sy geliefde word vir dood agtergelaat.

Drie en vyftig jaar later kry Caz Colijn 'n oproep wat haar kluisenaarsbestaan uitmekaar ruk.

In België waar sy haar en haar dogter se herkoms probeer naspoor, word dit duidelik dat dié land se koloniale verlede net so 'n groot impak op haar lewe gehad het soos die apartheidsjare in Suid-Afrika.

Die oproep wat professor Luc DeReu ontvang, is minder traumaties. Ook hy word egter uit sy wentelbaan geruk toe die vrou wat hy kwalik neem oor sy pa se voortydige dood, weer sy jandooilewe betree.

Intussen moet Erevu en sy kleinseun die nkísi wat hulle meer as vyf dekades gelede ontneem is, opspoor om hulle heilige taak uit te voer.

Wanneer hierdie groepie mense se paaie kruis, stuur dit nogmaals op moord af.

'Spanning, romantiek en die geheimenis van onsienlike dinge is Chanette Paul se forte. In Offerlam voer sy dit verder na magsug, hebsug en heerssug wat tot in die derde geslag oorgedra word.' - Jeanette Ferreira

Offerlam is die eerste boek in 'n tweeluik en word opgevolg deur Offerande.
Publication date: 2015-09-01

© All Rights Reserved 2017
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.