Sonbesie

Click to enlarge
Click to enlarge

Out of print

9780624049159

Fiksie: Romans

R 225
Katrien Wilson soek 'n storie. 'n Régte storie, met 'n bietjie glitz ook, waaroor sy vir die Londense reistydskrif Horizons kan skryf. Maar haar redakteur laat haar net die vervelige aanlynrubriek doen. Dan tel Katrien ná 'n lelike blaps die redakteur se uitnodiging na die bekendstelling van 'n nuwe vyfster-lodge op. Skielik is sy, as haar laaste kans by Horizons, op pad Bosveld toe! ,
Sy was ná haar kleuterdae in Kaapstad nog nie weer in Suid-Afrika nie, en haar ma is bekommerd oor al die goggas, waarvoor Katrien so vreeslik bang is, wat sy in die bos sal teëkom. (Natuurlik is sy nog veel méér besorg oor Katrien se hartsake . . .) By Cicada Lodge sing die sonbesies en kry Katrien haar eerste smakie van die glam-lewe van tydskrif-grootkoppe, persoonlike butler en al. Maar pleks van fokus op haar o-so-belangrike skryfopdrag, trek bronstige olifante, kruipende agpotiges en oorlamse Amerikaners haar aandag af, om nie te praat nie van die geheimsinnige (en alte sexy) sakemagnaat-eienaar van die lodge, Alex Ramsay, en sy seun, Eric. Waarom is Eric so gespanne? Hoekom het Alex skielik sy jarelange afkeer aan die media verleer? En sal Katrien haar scoop kry - sónder dat die wilde dierasies haar wegdra?
Publication date: 2017-06-01

© All Rights Reserved 2017
A Product of CEIT Development