Hiervandaan

Click to enlarge
Click to enlarge
9780624053187

Nie-fiksie / Non-fiction: Biografie & Outobiografie / Biography & Autobiography

R 230
Veelbekroonde reisskrywer Dana Snyman vertel die verhaal van sy eie lewensreis, dié van sy familie en van sy land.
Hy reis agter stories uit die verlede aan, van die eerste Snyman, seun van 'n wit pa en 'n slavin-ma, tot vandag, waar mense op die platteland hom in hul geheime inlaat. Elkeen van ons het mos sy eie 'Inkandla' - tuisdorp - en Dana se reis neem hom onder meer ook na Julius Malema se ouma se huis en na President Zuma se werklike Inkandla in KwaZulu-Natal, waar hy bokvleis met President Zuma se broer geëet het. Dan keer Dana terug huis toe, via Bloedrivier en die museum waar sy oupa se broek nog uitgestal word...
Dana se verhaal is vervleg met die stories van ons almal wat 'hiervandaan' is. Eg, warm en gevul met deernis, soos ons Dana leer ken en leer liefkry het.
'Die prentjies waarvoor die res van ons nie die oë het nie... verhale wat wiegend - soos Dana se groot ou rooi Valiant - uit die voue van godvergete hoekies van die padkaart uitkruie.' Rapport
Publication date: 2011-10-01

© All Rights Reserved 2017
A Product of CEIT Development