Norme vir Afrikaans

Click to enlarge
Click to enlarge
9780627028144

Nie-fiksie / Non-fiction: Taal & Letterkunde / Language & Literature

R 439
Norme vir Afrikaans het oor jare al bewys gelewer dat dit 'n besonder effektiewe bron is vir gebruik in taalkundeklaskamers van tersiêre instellings en selfs in skole. Die boek is 'n praktiese naslaanbron wat as basis vir eie taalontwikkeling kan dien. In die aanpak word probeer om taalteorie en taalpraktyk te versoen.
In die besonder fokus die boek op die 'norme' wat 'n mens in gedagte moet hou by die praktiese gebruik van Afrikaans, o.m. die beginsels onderliggend aan hierdie norme, en dan ook die identifisering van belangrike en nuttige bronne van taaladvies oor problematiese taalsake. Die doel van die boek is nie om streng 'normatief' te probeer voorskryf nie, maar eerder om leiding te gee met die hantering van praktiese taalkwessies met as vertrekpunt gefundeerde taalteoretiese kennis oor die Afrikaanse taalkunde. Die boek is 'n omvattende en uiters bruikbare hulpmiddel vir sowel student as dosent en is die vrug van die outeur se jarelange ondervinding as taaldosent.
Publication date: 2011-11-01

© All Rights Reserved 2017
A Product of CEIT Development