In die blou kamp

Click to enlarge
Click to enlarge
9780624072256

Fiksie: Kortverhale

Fiksie  -  Kortverhale
R 265
R 49You save R 216
Dana Snyman is volksbesit. Hy reis rond deur Suid-Afrika en skryf oor sy ontmoetinge met mense langs die pad, die trokdrywers, die meisie wat in matriek swanger geraak het, donkie-eienaars, die vrou wat haar seun in die grensoorlog verloor het, Cliffie van Epping, oom Pik Botha in Pretoria ...
Sy stories tref mens in die binnegoed. Soms is dit hartseer, maar soms ook skreeusnaaks, soos die storie oor sy ma wat sweer dat sy vanjaar 'net iets ligs' vir die Kers-ete gaan bedien.
In sy nuutste boek het Dana 100 van sy ware ontmoetings geboekstaaf - ontmoetings met mense, maar soms ook met dinge - die vleispastei, of tuisgemaakte braai-apparate.
Die stories het hy aanvanklik op Facebook, waar hy duisende volgelinge het, gepos. Die wat die grootste reaksie gekry het is nou hierin verwerk. 'n Ware interaktiewe Suid-Afrikaanse boek.
Publication date: 2018-02-13

© All Rights Reserved 2017
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.