Die breinchirurg se dieet

Click to enlarge
Click to enlarge
9780143538875

Nie-fiksie / Non-fiction: Gardening / Tuinbou

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Gardening / Tuinbou
R 150
R 120You save R 30
In 'n mark wat oorspoel is met kitsoplossings vir gewigsverlies en idees vir 'n gesonde leefstyl, bring dr. Adriaan Liebenberg, internasionaal gerekende breinchirurg, a maklike, veilige en gesonde alternatief: span jou brein in en skud daardie ekstra ponde permanent af.
Nadat hy sy lewe lank vet - en ongelukkig daaroor - was, het dr. Liebenberg sy professionele kennis gebruik om uit te werk watter kossoorte sy breinchemie so sou aanpas dat dit sy metabolisme sal versnel en sy houding teenoor kos verander. Dit het gewerk. Hy het 70kg verloor en baie gesonder gevoel.
Die breinchirurg se dieet:
- is 'n realistiese, stap-vir-stap gids wat jou wys hoe om beheer oor jou gewig te kry sonder om op modediëte of eetlusdempers staat te maak;
- bemagtig jou met kennis oor hoe om gesond en maer te bly;
- verskaf inligting oor die energiewaardes van voedsel en riglyne vir maaltydplanne wat jou pad na gewigsverlies maklik en sorgvry sal maak.
Derduisende mense het al baat gevind by dr. Liebenberg se inspirerende verhaal. Sonder om doekies om te draai, wys hy jou dat jou breinkrag die sleutel hou vir gewigsverlies op 'n natuurlike, voor die hand liggende manier.
Publication date: 2015-01-01

© All Rights Reserved 2017
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.