Discount only on online purchases

Kleur my lewe my lied

Click to enlarge
Click to enlarge
9780928316124

Nie-fiksie / Non-fiction: Biography & Autobiography / Biografie & Outobiografie

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Biography & Autobiography / Biografie & Outobiografie
R 255
R 230You save R 25
Kleur - my lewe, my lied is die resultaat van ses jaar se gesprekke met Randall Wicomb - van herinneringe aan sy kinderjare tot vertellings oor die eensame bestaan wat hy nou voer. Die onsekerheid rondom sy herkoms en sy moeder se pogings om hom teen apartheid te beskerm het 'n onuitwisbare indruk op hom gelaat en uiteindelik 'n kruis geword wat hy steeds dra.
Randall se sangloopbaan vleg tussen veranderende politieke omstandighede en die behoud van Afrikaanse liedere deur om van hom 'n bekende en beminde figuur te maak. Vir meer as veertig jaar sing hy van kleur en liefde, van heimwee en hoop, en van amper vergete liedjies in die taal wat so na aan sy hart is.
In hierdie biografiese verhaal vertel Randall van die humor, suksesse en mislukkings wat van hom 'n huishoudelike naam gemaak het. Hy gesels openhartig oor sy familie en die duur prys van roem. Nou, ná die diagnose van gevorderde kanker, plaas hy sy lewe onder 'n vergrootglas om sin te maak van die vele hoogte- en laagtepunte wat hy ervaar het. Sy soektog na identiteit word 'n intense ontboeseming van 'n man wat - met 'n glimlag en 'n traan - nie skroom om foute te erken en hoop te deel nie.
In Kleur onthou Randall die besondere mense wat sy loopbaan beïnvloed het, asook die rol wat vreemdelinge in sy lewe gespeel het. Die stories van sy besoeke aan Namibië en die polisiestasie in Vereeniging laat hom steeds skater van die lag, terwyl sy weergawe van die Griekwapsalms op 'n onlangse bootreis 'n nuwe rigting aan sy lewe gegee het.
Die titel van die boek is doelbewus gekies om meer as een begrip te omvat. Randall Wicomb se agtergrond, sy lewe en sy liedjies word 'n prisma waardeur sy identiteit uiteindelik in fokus kom. Dit is die verhaal van 'n mens wat, ten spyte van omstandighede, steeds sy gehore bekoor en strewe na 'n beter toekoms.
Bekroonde volksanger en bekende kopersmid - Randall Wicomb het geen bekendstelling nodig nie. Daar is sekerlik min mense wat nie op een of ander stadium met heimwee na Kleur geluister of op die maat van Rooirok gewals het nie.
Maar ... wie is hy regtig? Amper 70 jaar al is Randall se lewe een van onsekerheid. Sy sangloopbaan het van hom 'n ikoon gemaak, maar roem en sukses het hom duur te staan gekom. Nou, terwyl sy gesondheid ernstig bedreig word, voer hy 'n openhartige gesprek met sy aanhangers.
Kleur neem die leser op 'n reis saam met 'n ontwortelde individu deur die veranderende politieke landskap van Suid-Afrika. Randall gesels oor sy kinderjare en sy lang loopbaan met Afrikaanse liedjies. Hy vertel van die liefdes in sy lewe, sy suksesse en mislukkings, en veral van die leuen wat hom van sy familie vervreem het. (CD met 6 opnames ingesluit)
Publication date: 2015-10-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.