My Koebaai stres Joernaal Inkleurboek

Click to enlarge
Click to enlarge
9780928316179

Nie-fiksie / Non-fiction: Colouring Books / Inkleurboeke

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Colouring Books / Inkleurboeke
R 145
R 116You save R 29
Met My Koebaai, Stres! -joernaal nooi Tanya O'Connor die leser om nie net in te kleur om ontslae te raak van stres nie, maar ook om met woorde jou gevoelens op papier neer te pen. Sy luister na haar 'porseleinmense' soos sy hulle noem en het My Koebaai, Stres! -joernaal -- 'n inkleurboek en joernaal alles-in-een -- geskep om jou help om te ontlaai wat pla.

Sy skryf met ongekende eerlikheid oor haar groei as kunstenaar, ma wees op 43, die ego, vergifnis, selfaanvaarding en soveel meer wat mens oor wonder. Sy vertel met humor van die vrouens wat elke Woensdag by haar huis kom "speel" en hoe sy hulle leer om nie 'n uitveër te gebruik nie en hul eie styl met kreatiewe plesier te ontwikkel.

Die boek weerspieël haar 'kuns renaissance' soos sy dit beskryf, asook hoe om elke prentjie absoluut te gebruik tot jou voordeel en plesier. Hier is nie reëls nie, en dit is hoe sy verkies om haar terapie met die leser te deel. My Koebaai, Stres!-joernaal is 'n interaktiewe boek wat ook jou eie persoonlike joernaal is, wat jou help om soveel vryheid te ervaar soos wat jy jouself toelaat.
Publication date: 2015-11-01

© All Rights Reserved 2017
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.