Liefde weeg die swaarste

Click to enlarge
Click to enlarge
9781415333112

Fiksie: Christelik

Fiksie  -  Christelik
R 170
R 136You save R 34
Isa Karsten het gekrimp, maar nie genoeg nie... Botsende emosies, dis wat sy die afgelope tyd ervaar. Sy wil skraler lyk en sy wil hê almal moet dit sien - solank hulle nie soveel onsensitiewe opmerkings maak nie! Die beeldskone Isa het pas vir byna ses maande in 'n spa weggekruip in 'n poging om haar stryd teen vetsug te oorkom. Sy het 45 kg afgeskud, maar sy glo sy is nog ver van klaar. Nou is sy op pad huis toe en dis weer tyd om die werklikheid met al sy smaaklike verleidings te trotseer. Sy is vasberade om haar gewigstryd te wen, al beteken dit dat sy haar ook tot chirurgiese ingryping moet wend. Maar sal sy die stryd in haar hart kan wen? Of sal sy toelaat dat die seerkry uit haar verlede haar vir die res van haar lewe agtervolg? En wie gaan die gelukkige man wees wat haar hart sal verower - die goeie predikant, Adam Wiese, of Johann Steyl - haar lank begeerde en gevaarlike jeugliefde? Sal sy Johann se mooi praatjies glo, haar rug op die kerk en op Adam draai of betyds tot haar sinne kom? Sal sy bo alles weer kan leer om te bid en die Vader te vertrou?

In hierdie opvolg op Helena Hugo se gewilde boek, Want liefde maak lig, ontdek jy saam met Isa die dinge wat werklik saak maak en wat werklik geluk bring: Is dit uiterlike skoonheid of 'n rein hart - wat weeg die swaarste?
Publication date: 2015-11-01

© All Rights Reserved 2017
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.