Rooiplaas

Click to enlarge
Click to enlarge
9781920654702

Nie-fiksie / Non-fiction: Military / Militêr

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Military / Militêr
R 255
R 204You save R 51
Wêreldwyd is valskermsoldate van die room van enige weermag. Dit is ook waar van Suid-Afrika se 1 Valskermbataljon. Die bekende maroen baret en die vleuels met die valskerm op die bors van hierdie soldate, het aan hulle 'n onderskeibare identiteit en status verleen.
Die eerste Suid-Afrikaanse valskermsoldate is in 1960 in Brittanje opgelei. Daarna is die eerste valskermeenheid in die geskiedenis van die Suid-Afrikaanse Weermag in die lewe geroep.
Rooiplaas in Bloemfontein sou 'n deurslaggewende rol in die opleiding van valskermsoldate en valskermpakkers vir die Weermag speel.
Rooiplaas se valskermsoldate - parabats in die volksmond - het 'n beduidende rol in die 23-jarige Grensoorlog gespeel. 1 Valskermbataljon het in alle operasionele gebiede en tipe operasies van die SAW deelgeneem. Die soldate van hierdie spogeenheid was by 'n paar geleenthede die eerste Suid-Afrikaanse soldate op die toneel of die soldate wat die operasie uitgevoer het.
Rooiplaas! is die kroniek van die ontstaan en ontwikkeling van hierdie trotse eenheid van die SAW. Dit vertel van die sweet en trots - en onvermydelik die bloed - van 'n gevegseenheid wat 'n uitsonderlike plek in die jongste militêre geskiedenis van Suid-Afrika inneem.
Publication date: 2015-04-01

© All Rights Reserved 2017
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.