DISCOUNT ONLY ON ONLINE PURCHASES ●●● FREE delivery on orders above R450 in RSA

Die 18 44 trilogie

Click to enlarge
Click to enlarge
9780798149587

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 420
R 378You save R 42
'n Welkome heruitgawe van drie romans van 'n veelbekroonde skrywer. Gesofistikeerde satires met 'n sterk mitologiese raamwerk wat steeds tot vandag se lesers sal spreek. Die verteller in al drie hierdie romans identifiseer homself as “die knolskrywer” (“. . . die 44-jarige knolskrywer, in sy Harris tweedbaadjie, . . . in sy hart die verminkte gawe van God”)

18-44 handel oor die korrespondensie tussen mnr Y, die 44-jarige knolskrywer, en die 18-jarige, onbekende mej X, 'n kunsstudent.

Onderliggend in Isis Isis Isis is die Egiptiese Isis se soektog na die lyk van Osiris. Die roman gaan oor die knolskrywer se Europese besoek, sy ontmoeting met 'n hele aantal vroue, en sy poging om die stukke van die verminkte Osiris weer bymekaar te bring (lg die knolskrywer se poging tot heling).

Die verhaal van Na'va gaan oor Georgie, die knolskrywer se nefie wat selfmoord gepleeg het. Die lang begrafnisfees raak 'n besinning oor die lewe en die dood.

Die strewe in 18-44 na “'n beter begrip van die lewenstragiek”, en die “raserny om die lewe te verstaan” in Isis, Isis, Isis, is vandag nog net so geldig, juis in hierdie “Afrika en sy menigvuldige probleme”. Leroux dwing ons om opnuut die mistiek in die lewe met verwondering en selfs verbystering te beleef.
Publication date: 2008-07-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.