Discount only on online purchases

Norrevok

Click to enlarge
Click to enlarge
9780798150118

Fiksie: Kortverhale

Fiksie  -  Kortverhale
R 310
R 279You save R 31
Die klim van 'n berg is amper soos die lewenspad. Sonder om nou te erg filosofies te raak - jy staan onder in die vlak en voetheuwels met jou lewe voor jou. Dan pak jy hom aan. Dit gaan gepaard met stampe en stote en swaar. Daar's ook heerlike oomblikke - as jy rus en terugkyk na die pad waarlangs jy gevorder het. Maar ewig wink die kruin, en met hernieude krag stu jy opwaarts . . .
Die maklik begaanbare weë hou vir Johan Bakkes geen aantrekkingskrag nie; nee, vir hom altyd maar die smalle weë wat met bloedsweet gepaardgaan. Dáár waar min ander dit nog gewaag het.
Norrevøk, so wil gerugte dit hê, is 'n klein ou dorpie net anderkant Novisibirsk in Siberië. Daar waar dit rérig koud raak, soos in minus-40-grade-koud. Maar as jou naam Bakkes is, is die woord norrevøk min of meer sinoniem met 'nooit boedel oorgee nie' . . .
Mettertyd bied Nepal, Pakistan en Ethiopië net nie meer genoeg van 'n uitdaging nie, en dan neem jou reise jou na toenemend vreemde plekke, daar waarheen die gewone toeris nie graag gaan nie, daar waar net die plaaslike inwoners hul eie taal verstaan. Niks Engels . . . en nog minder Afrikaans.
Maar deur Afrikaans te brabbel en totaal dolli inkapas te pleit, help darem dat mens nie van die Trans-Siberiese trein afgegooi word nie. En met gebaretaal en akteursvernuf kan 'n ou 'n redelike ent kom; as jy byvoorbeeld in Sjina soos 'n mal koei moe en met jou hande bokant jou kop horings naboots en 'n denkbeeldige matador bestorm, kan jy darem keer dat iets aan jou voorgesit word wat eens die naam 'Wagter' kon gehad het.
Hier is heerlike, avontuurlustige vertellings, propvol humor, en nooit sonder deernis vir die medemens nie. Ons lees van ''n Russiese plukspan', van 'die kragman van Krasnoyarsk', van 'die Engel van Qufu' . . .
Jy reis immer voort, en telkens kom die wete: soms moet jy eers die niemandsland betree om weer opnuut te kan besef wie jý is.
Publication date: 2008-11-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.