Discount only on online purchases

n Liefde vir bak

Click to enlarge
Click to enlarge
9781432302573

Nie-fiksie / Non-fiction: Food & Drink / Kookboeke

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Food & Drink / Kookboeke
R 260
R 208You save R 52
'n Liefde vir bak is die eerste boek uit die pen van kosstilis van formaat, Sarah Dall. Sy was nog nooit een wat neigings slaafs navolg nie en het altyd 'n vars nuwe uitkyk - in plaas van rooifluweel-kolwyntjies, maak sy rooifluweelmakrolletjies.
Die boek dek 'n groot verskeidenheid bakresepte en bevat alles vanaf koeke, kolwyntjies en nageregte, tot koekies, plaatgebak en selfs 'n hele hoofstuk oor lekkernye waaroor kinders mal is, soos goeie ou skurwejantjies.
Sarah neem skrikwekkende resepte soos makrolletjies en maak die metode nie slegs makliker nie, maar bied ook 'n nuwe kinkel in die resep - soos om 'n feestelike Kerskrans uit makrolletjies te maak!
'n Liefde vir Bak is 'n pragtige boek wat nie net jou familie en geliefdes se magies sal vul en harte warm sal laat klop nie, maar enige iemand in 'n bobaas-bakker sal omskep!
Inhoud: Inleiding, Kombuiswenke, Kombuisgunstelinge, Soete verleidings, Gebak vir ontbyt, Eetgoed vir teetyd, Koeke, Somernageregte, Winternageregte, Iets vir na ete, Lekkernye vir die kleingoed, Kersfees, Omrekeningstabel, Indeks
Publication date: 2014-08-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.