Die verhuising

Click to enlarge
Click to enlarge
9780799361483
R 295
Die lewe is nie regverdig nie. In plaas van die opwindende nuwe begin op Stellenbosch waarna Danelle uitgesien het, moet sy alles wat vir haar kosbaar is in die Kaap agterlaat en op 'n gops van 'n dorp in 'n grot van 'n huis 'n nuwe begin gaan maak. Om alles te kroon, raak haar ma elke dag meer van 'n vreemdeling en word die verantwoordelikhede van die studentehuis waarin hulle bly, 'n groterwordende las.

Dan ontmoet Danelle vir Wessel Greyling, die plaaslike kampus se rugby-held. Dis liefde by die eerste aanblik vir Danelle, maar die verhouding maak haar seer - sy kom agter hy mors met haar, maar weet ook nie hoe om uit die betowering te breek nie. Dis eers as dit te laat is, dat sy besef wat sy prysgegee het en alles in die proses verloor het.

Dis 'n moeilike grootwordjaar waarin sy 'n klomp lewenslesse moet leer - en nie altyd ewe goed vaar nie. Maar dis ook 'n jaar waarin sy leer dat niemand se lewe net maneskyn en rosegeur is nie en dat daar agter elke sukkelende mens - selfs haar ma - 'n storie is wat begrip verdien. En waarin sy leer wat ware vriendskap is, en waarin veral Tessa, haar uitgesproke huismaat, 'n groot rol speel om te keer dat die dom besluite wat sy neem, permanente skade aanrig.

Al wat sy nie weet nie, is of sy ná al haar foute Lambert Volschenk, die SR-voorsitter-van-langsaan, se suiwer liefde nog waardig is.
Elke vrou wat eens op 'n tyd 18 en naïef was, sal by Danelle aanklank vind, en saam met haar dankbaar wees vir elke tweede kans wat haar gegun word.

Die reeks

Die verhuising is 'n heruitgawe en vorm 'n tweeluik saam met Driehoek, die nuwe boek. Albei verhale is net soveel coming-of-age-romans as wat dit liefdesverhale is en vroue van alle ouderdomme sal daarmee identifiseer.
Publication date: 2013-09-01

© All Rights Reserved 2017
A Product of CEIT Development