Prins Pikkewiet en die towerpot

Click to enlarge
Click to enlarge
9781920335519
Illustrator: Heleen Steyn
R 159
Die jong prins Pikkewiet moet eendag sy pa, die wyse koning Koeloe, opvolg. Hy spog oor hoe hy oor almal in Batataland gaan regeer. Maar die prinsie is nie juis fluks om te leer nie en meester Marakas is raadop met hom.

Wanneer die koning op 'n lang reis vertrek, moet prins Pikkewiet toesien dat almal in Batataland goed en regverdig behandel word. Die towerpot wat 'n vreemdeling aan die prins skenk, hou vir almal 'n goeie les in: om uit jou foute te leer en VERANTWOORDELIK op te tree.

Charlie Diener is 'n vryskutskrywer, kreatiewe direkteur en onafhanklike filmmaker. Hy voltooi sy studie in 2003 aan die AAA School of Advertising in Johannesburg waar hy 'n diploma in kopieskryf verwerf. Hy verkry ook 'n diploma in bemarking en kommunikasie van die International Advertising Association. Hy was voorheen 'n kopieskrywer en strateeg in die reklameÂ- en bemarkingsbedryf by onder meer TBWA/Hunt/Lascaris en OwenKessel Leo Burnett. In 2012 stig hy die inhoudbemarkingsÂ-agentskap The Content Mint. Hy was ook die draaiboekskrywer en vervaardiger van die kortfilm 'n Liefdeslobotomie vir die 2014 kykNET Silwerskermfees. In 2015 werk hy as verslaggewer by die Waterbergse streekskoerant Die Pos. Charlie is 'n lid van The Writer's Guild of South Africa en woon saam met sy vrou in 'n skeepsbehoueringshuis waar hy kortverhale, kinderstories en wolhaarstories skryf.

Heleen Steyn is 'n passievolle illustreerder, digitale kunstenaar, visuele storieverteller en deeltydse dosent. Sy voltooi 'n vierjarige BAÂ-graadkursus in Inligtingsontwerp aan die Universiteit van Pretoria. Daarna slyp sy haar kreatiewe vaardighede ook by The Open Window School of Visual Communication en die aanlynÂ-kunsskool Schoolism. Heleen is gefassineerd met die ontginning van kleur, lig en ontwerpbeginsels om die storielyn visueel aan te vul en te versterk. Dis vir haar 'n boeiende, oneindige reis, waar sy daagliks leer en ontdek.
Publication date: 2015-09-01

© All Rights Reserved 2017
A Product of CEIT Development