Die groot boek met Bybelse antwoorde

Click to enlarge
Click to enlarge
9781432203351
R 170
Mense het vrae. Die Bybel het antwoorde.
Min dinge in die lewe is maklik en eenvoudig. Ook vir gelowiges is die wêreld kompleks en moeilik. Selfs die Bybel is nie altyd maklik om te verstaan nie!
Al die ernstige vrae wat in mense se harte leef, verdien eerlike, reguit en goed deurdagte antwoorde. En dis wat jy in hierdie boek sal kry.
In Die groot boek met Bybelse antwoorde praat 150 leraars oor sake wat soms ontstellend is en ander kere interessant en lewensverrykend.
Hulle torring verwarrende vraagstukke netjies los en gee aanwysings hoe om self by antwoorde te kom wat in jou unieke omstandighede kan werk.
Die skrywers ken die vrae wat die meeste deur gelowiges en ongelowiges gevra word. Hulle ken die Bybel en hoe om dit as bron van antwoorde
te gebruik. Geen kitsreseppies of towerformules nie, maar wel inspirasie en riglyne om jou eie oplossings te vind vir vrae soos:
- Hoekom moet ek vir my gemeente geld gee en hoeveel is genoeg?
- Hoe moet ek dit regkry om my vyande lief te hê?
- Is dit oukei as mense nie in die kerk trou nie?
- Help dit enigsins om goeie dinge te doen in die slegte wêreld?
Publication date: 2015-06-01

© All Rights Reserved 2017
A Product of CEIT Development