Die buitekant van Meneer Jules

Click to enlarge
Click to enlarge
9781920654771
R 159
Alice Jules word een oggend wakker word met die geur van koffie in haar neus. Jules, haar eggenoot, het dit gemaak. Sy kry vir die eerste keer in hul lewe saam die kans om 'n paar goed van haar hart af te kry. Dit, terwyl hy agter die koerant sit - sonder om 'n woord te (kan) sê.
'Hy is nie dood solank as wat sy dit nog nie vir iemand gesê het nie,' dink sy by haarself. 'Hy leef, solank as wat sy wil. Daar is nog baie wat sy vir hom wil sê. Wat dit is, sal nog vir haar duidelik word soos die dag aangaan. Vandag moet almal haar met rus laat.'
Die buitekant van Meneer Jules is 'n roerende relaas van hoe 'n vrou met die onverwagse dood van haar man probeer verwerk. Die leser word ook vierkantig tussen die oë geslaan as die outistiese seun van die bure, Dawid, soggens met Meneer Jules kom skaak speel en sê dat hierdie figuur slegs die buitekant van meneer Jules is.
Saam met Alice en Dawid word die leser ingetrek in 'n intieme, soms erg humoristiese, verslag oor Alice en Jules se vroeëre lewe saam. 'n Boek wat elke vrou wat nog iets wou sê, sal bekoor.
Publication date: 2015-06-01

© All Rights Reserved 2017
A Product of CEIT Development