Discount only on online purchases

Siende Blind

Click to enlarge
Click to enlarge
9780799361346

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 315
R 252You save R 63
Kan die lewe mens skielik net die rug toekeer?

Op 'n Sondagoggend terwyl Cara en Paul van Dijk ontbyt maak, vra Cara haar man en sielsgenoot van twintig jaar waarom hy die afgelope tyd so stil is. Sy kry 'n sielsverbryselende antwoord.

As Cara gedink het dis die einde van alles wat vir haar betekenis inhou, het sy dit mis. Dis bloot die eerste tand van die duiwelsvurk wat die veilige kokon van haar lewe deurboor.

Cara, dogter van skatryk Karel van der Linde, die hoof van Lind (Edms.) Bpk., het 'n geïsoleerde lewe gelei ná haar ontvoering meer as dertig jaar gelede. Haar mensekennis is geskoei op TV-karakters en storieboek helde en heldinne. Boonop is sy as skrywer van romantiese fiksie, nie toegerus vir die werklikheid waar gelukkige eindes skaars is nie.

Haar hele lewe ontaard in 'n blivet, daardie optiese illusie wat ook bekendstaan as die duiwelsvurk. Een oomblik sien jy drie ronde stawe, die volgende twee vierkantiges. En albei is ewe daar en nie daar nie. Twee onversoenbare perspektiewe tegelykertyd.

Begogel, is hoe sy voel. Erens is daar waarhede, orals is daar leuens. En sy kan nie uitmaak watter een is wat nie.

Siende blind is 'n spanningsroman oor 'n vrou wat probeer terugveg teen die oormag rampe wat haar een na die ander tref. In die proses maak sy baie ondeurdagte keuses wat weer op hulle beurt verreikende gevolge het.

Om te oorleef, sal Cara moet vasstel waarom sy die teiken is en wie die hef in die hand het.
Publication date: 2013-07-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.