Filmverse 1 DVD

Click to enlarge
Click to enlarge
9780799370232
R 120
Die ATKV, in samewerking met Fopspeen Films, se produksie genaamd Filmverse, is 'n projek waarin 'n reeks kort animasiefilms geskep word wat geïnspireer is deur 'n seleksie van 12 Afrikaanse gedigte.

Klassieke gedigte, asook die werk van kontemporêre digters, word gebruik word om 'n "visuele bloemlesing" saam te stel waarin 'n dialoog tussen woord en beeld geskep word. Elke animasiefilm word vergesel van 'n eie klankbaan waarop die gedig onder andere voorgelees word. Die eindproduk is 'n DVD van sowat 30 minute met die twaalf animasiefilms daarop wat as 'n afsonderlike produksie vertoon word.

Die gedigte en animeerders is
'Vroegherfs' (NP Van Wyk Louw) deur Wessel en Jac Hamman;
'Bitterbessie dagbreek' (Ingrid Jonker) deur Roger en Dewald van der Merwe;
'Finis' (Lina Spies) deur Michele Nigrini;
'Jy vra my hoe my eerste soen was' (Danie Marais) deur katty vandenberghe, Anni Snyman en Eugenie Grobler;
'Belydenis van 'n studentedigter' (Loftus Marais) deur Rudolph Boonzaaier;
'Visioen van 'n lessenaar' (Antjie Krog) deur Sunieda Kelber en Fabian Wargau;
'Die skedel lag al huil die gesig' (Wilma Stockenström) deur Crowther Lindeque;
'What abou' de lô' (Adam Small) deur Charles Badenhorst;
'Last Grave at Dimbaza' (Fanie Olivier) deur Stefanie de Beer; '
'n Gewone blou Maandagoggend' (Ronelda Kamfer) deur Naomi van Niekerk en Arnaud van Vliet;
'Timotei Sjampoo' (Gert Vlok Nel) deur Janhendrik Burger en Berdene du Toit; en
'Ek sal sterf en na my vader gaan' (Breyten Breytenbach) deur Diek Grobler.
Publication date: 2014-10-01

© All Rights Reserved 2017
A Product of CEIT Development