Die Staat vs Oscar

Click to enlarge
Click to enlarge
9781868426416
R 200
Dit het die land geruk, die wêreld geboei en sal in die geskiedenis bekendstaan as die opspraakwekkendste hofsaak tot nog toe in Suid-Afrika. Oscar Pistorius se moordverhoor is die storie van die dekade. Dis 'n liefdesverhaal wat 'n misdaadriller geword het, 'n sprokie wat in bloed geëindig het.
En dís hoe Marida Fitzpatrick die verhaal vertel. Sy weef die skrikwekkende gebeure van daardie noodlottige nag en die mees dramatiese hoofstukke van die verhoor op só 'n manier ineen dat dit soos 'n spanningsverhaal lees. Tussendeur dié boeiende vertelling is uittreksels uit onderhoude wat Fitzpatrick met van die betrokkenes se naastes gevoer het.
Saam met al die menslike vertellings verskyn daar ook 'n interessante ontrafeling van die tegniese aspekte van die verhoor: Wat het die ballistiek, die getuienis oor die gille en Oscar se twee verwere uiteindelik vir hom beteken?
Dit word alles geïllustreer met treffende foto's wat op die toneel geneem is en grafiese voorstellings.
Publication date: 2014-10-01

© All Rights Reserved 2017
A Product of CEIT Development