Raaiselspieel

Click to enlarge
Click to enlarge
9780799364934

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 315
R 252You save R 63
Haar gawe kom van donkerbloed; haar pa se opdrag, van agter die doodsgordyn

Vet Frieda Fouché het geen benul waarom die vermaarde professor Victor Fouché agt jaar gelede met haar getrou het nie. Ook nie of die beelde wat sy van kleinsaf sien en die stemme wat sy hoor, beteken sy is psigies of psigoties nie.

Frieda het egter 'n meer onmiddellike probleem. Sy moet haar pa se moord oplos al sit daar reeds 'n man agter tralies daarvoor. Nie omdat sy wil nie, maar omdat haar pa daarop aandring. Van agter die doodsgordyn. En Nils van der Sluijs, die befoeterde Belg wat ryk en beroemd geraak het danksy sy vetvrouskilderye, laat ook in die dood nie vir hom nee sê nie.

Stas Stassen is die man wat Frieda moet help om haar pa se biografie te skryf. Hy is nie seker of Frieda 'n skisofreen is of net 'n ander soort nutcase nie, maar hy glo beslis nie sy is, soos sy beweer, heldersiende nie. Anders sou sy immers geweet het hy stel meer daarin belang om haar hovaardige man terug te betaal as in die vetvrouskilder se doen en late.

Nils se lewensverhaal lewer egter 'n paar verrassings op, onder meer in die vorm van 'n paar spesiale skilderye, en kort voor lank is Stas meer betrokke as wat heilsaam is en Frieda haar lewe nie meer seker nie.
Publication date: 2014-03-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.