So was dit Stories van gister en vandag

Click to enlarge
Click to enlarge

Out of print

9780624055839

Fiksie: Kortverhale

Fiksie  -  Kortverhale
R 225
R 180You save R 45
"So was dit beskryf 'n plattelandse leefwêreld waar eenvoud en outydse waardes die botoon voer. Die verhale is propvol enigmatiese karakters, vreemde gebeure en stofpaaie na afgeleë plase.
Die versameling aangrypende en humoristiese stories dokumenteer nie net 'n wêreld wat vinnig aan die verdwyn is nie, maar beskryf ook die menslike kondisie. Op die oppervlak gaan dit dalk oor windpompe, skuurdanse, aande deurgebring om Aga-stowe, Boerejode in die Hantam, mooi ou motors en vakansies by die see.
Maar in werklikheid spreek dit universele temas aan soos liefde, armoede, vriendskap, sterflikheid en ouerskap. Die skrywer se breë verwysingsraamwerk en wye ervaringsveld as deurwinterde joernalis voeg unieke insigte en grativas by al die verhale.
Met titels soos ''n Mooi en lekker begrafnis', 'Die Ondervelders gaan stad toe' en 'Vier vryers en 13 pap wiele' is die leser verseker van 'n besonder genotvolle leeservaring."
Publication date: 2013-04-01

© All Rights Reserved 2017
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.