Vuvuzela

Click to enlarge
Click to enlarge
9780624043041
R 138
Vuvuzela is die deernisvolle verhaal van die twaalfjarige Senke wat in 'n plakkerskamp woon en wat braaf en onophoudelik vir sy bestaan moet baklei. Maar hy staan nie alleen nie. Hy woon saam met sy grootbroer. Hulle is albei orphans, maar Buti is reeds eighteen, en hy was al by die winterskool. Buti staan voor Senke, Buti vat al die slae en hy sorg dat Senke kos en klere het en dat hy skool loop om Grade Twelve te kry. Daarom wil Senke 'n groot ding vir Buti doen om dankie te se. Hy het 'n geheime plan wat gekoppel is aan die World Soccer Cup wat in 2010 na Suid-Afrika toe kom, waarvan die nuus met honderde bulkende vuvuzelas verwelkom is en waarvan 'n man in 'n spierwit hemp uitgeroep het: "Modimo oMogolo, God is great!" Want Buti lewe vir sokker, en op die veld is hy soos 'n weerligvoel. Dis net dat hy nou nie meer tyd kry vir sokker nie.
Publication date: 2010-04-01

© All Rights Reserved 2017
A Product of CEIT Development