Wat jy glo sal gebeur

Click to enlarge
Click to enlarge
9780620624015
R 149
Jy het dalk al gewonder waarom sekere mense soveel meer geluk, energie, respek en sukses in die lewe as ander ervaar? Is hulle met meer gawes en talente gebore? Of het dit dalk te doen met die omgewing waarin hulle grootgeword het? Of hulle IK? Baie mense glo dat hierdie dinge `n voorvereiste is om suksesvol te wees. Maar dit is glad nie `n waarborg vir sukses nie.
Die waarheid is dat suksesvolle mense anders dink. Hulle omstandighede is dieselfde, maar hulle 'kyk' anders daarna. Hulle 'sien' iets op 'n ander manier en dink anders daaroor.
En die oomblik wanneer hulle anders daaroor dink, kry hulle `n ander realiteit. Die lewe vlieg sekonde vir sekonde verby. Waarom sal jy die wonderlike lewe wat jou Maker vir jou op aarde wil hê, uitstel? Dit is nou jou tyd. Jy lewe nou. Maak vandag die dag waar jy gaan begin bou aan 'n lewe wat legendaries gaan eindig!

'Hierdie boek kombineer radikale denke, insig en lewenswysheid wat aan die leser 'n kragtige, doelgerigte kompas gee om sy lewenspad te navigeer. Die skrywer bring die twee uiteenkopende wêrelde van die wetenskap en oer-oue Bybelse waarhede bymekaar om die skeppingswonder op 'n indrukwekkend logiese manier oop te breek'. ~ Mary-Ann Prinsloo

Francois Stone is op Springbok gebore. Na skool voltooi hy die grade B.A. Admissie en B.th aan die Universiteit van Stellenbosch. Van Januarie 1987 tot Februarie 1990 was hy kapelaan van die Duikbook Flottielje van die Suid-Afrikaanse Vloot in Simonstad. Daarna het hy die gemeentes Van Riebeeck, Plumstead en Stellenberg bedien. In 1995 word hy finansiële beplanner by Sanlam en later by ABSA bank. In 1999 stig hy die finansiële dienste maatskappy Investor. Hy was 'n Diamant makelaar by Sanlam, Platinum makelaar by Discovery en 'n Goue makelaar by Ou Mutual.
Op 7 Maart 2010 plant hy iConnect Mission.
Sedert 2008 het hy 'n in-diepte studie gedoen in die menslike gedragswetenskappe. Hy het verskeie seminare in finansiële welvaart en persoonlike groei aangebied.
Publication date: 2015-08-01

© All Rights Reserved 2017
A Product of CEIT Development