Piekfyn Afrikaans EAT Graad 4 Onderwysersgids

Click to enlarge
Click to enlarge
9781770022768
R 220
Piekfyn Afrikaans se leerderboek en onderwysersgids is saamgestel volgens die Kurrikulum- en assesseringsbeleidsverklaring vir Graad 4 Eerste Addisionele Taal.
Hierdie onderwysersgids ondersteun die onderwyser se onderrigtaak deur:
✔ te fokus op kommunikatiewe en teksgebaseerde benaderings wat onderrig en leer funksioneel en kreatief in die klaskamer laat plaasvind
✔ gepaste inhoud en kontekste, en 'n wye verskeidenheid tekssoorte aan te bied volgens eietydse temas wat verband hou met die doelwitte van die Kurrikulum- en assesseringsbeleidsverklaring, en integrering oor die kurrikulum heen spontaan te bewerkstellig
✔ 'n bruikbare onderrig-, leer- en assesseringsplan vir elke module, asook riglyne vir lesbeplanning en klaskamerpraktyk te voorsien
✔ 'n omvattende formele assesseringsprogram vir die graad, asook verskeie metodes en instrumente vir daaglikse assessering te voorsien
✔ beplanning en verslaghouding te vergemaklik deur die taalvaardighede en prosesse by elke aktiwiteit aan te toon
✔ 'n volledige antwoordsleutel vir elke module te voorsien, asook riglyne, wenke en prosedures vir leeraktiwiteite
✔ 'n CD waarop aanvullende hulp- en ondersteuningsmateriaal vir administratiewe en organisatoriese take, asook A2-grootte volkleur plakkate en idiome gratis beskikbaar te stel.
Goedgekeur vir die Nasionale Katalogus (KABV).
Publication date: 2012-07-01

© All Rights Reserved 2017
A Product of CEIT Development