Soms wen jy soms leer jy

Click to enlarge
Click to enlarge
9781415326213
R 180
New York Times topverkoperskrywer, John C. Maxwell, is van mening dat die grootste lewenslesse uit verliese spruit. Enige terugslag, professioneel of persoonlik, kan in 'n stap in die regte rigting verander word indien jy oor die nodige gereedskap beskik om die verlies in 'n aanwins te omskep.

In Soms wen jy, soms leer jy val Maxwell terug op byna 50 jaar se leierskapervaring. Hy put uit hierdie leierskap-ervaring om te wys waarom sommige mense suksesvol is ten spyte van probleme, mislukking en verlies. Hy bespreek elf elemente wat die DNS uitmaak van sulke mense, naamlik:
1. Nederigheid - Die gees van leer
2. Realiteit - Die oorsprong van leer
3. Verantwoordelikheid - Die eerste stap van leer
4. Verbetering - Die fokuspunt van leer
5. Hoop - Die motivering van leer
6. Onderrig - Die roete van leer
7. Teëspoed - Die katalisator van leer
8. Probleme - Die geleentheid van leer
9. Slegte ervarings - Die perspektief van leer
10. Verandering - Die prys van leer
11. Volwassenheid - Die waarde van leer

Dit verg dissipline om die regte ding te doen wanneer iets skeefloop en soos John Maxwell dikwels daarop wys: 'Ondervinding is nie die beste leermeester nie, hersiene ervaring is.'
Publication date: 2014-01-01

© All Rights Reserved 2017
A Product of CEIT Development