Eugene de Kock Sluipmoordenaar van die staat

Click to enlarge
Click to enlarge
9780624070153

Nie-fiksie / Non-fiction: Biography & Autobiography / Biografie & Outobiografie

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Biography & Autobiography / Biografie & Outobiografie
R 315
R 252You save R 63
'Op 'n dag skraap ek my moed bymekaar: 'Eugene, hoe voel dit om 'n ander mens dood te maak?'

Sy gesigspiere trek onwillekeurig in afgryse. 'Die mens, die slagoffer, gee 'n reuk af,' sê hy. 'Ek kan die reuk vandag steeds herroep. Dit walg my tot in my siel toe, daardie reuk van vrees wat deur daardie mens se sweetgaatjies en liggaamsvog na buite bars.''

Die bloed van tientalle anti-apartheidaktiviste sit aan Eugene de Kock hande. Vir die meeste Suid-Afrikaners is hy die vergestalting van boosheid.

Is daar enige menslikheid aan die man wat talle 'n monster noem en hoe het hy so geword? Anemari Jansen gaan soek na antwoorde in De Kock se streng grootwordjare, sy eerste blootstelling aan grutonele as jong polisieman aan die Oos-Rand en in die Grensoorlog waar hy as lid van Koevoet 'n jagter van mense geword het.

Jansen het eksklusiewe toegang tot De Kock se familie, asook oud-Koevoet- en Vlakplaaskollegas gehad. Sy skets 'n prentjie van 'n hoogs intelligente, dog komplekse mens wat van kindsbeen af 'n buitestaander was. De Kock het ook sy dagboeke en 'n ongepubliseerde manuskrip aan haar beskikbaar gestel - hieruit haal sy groot dele direk aan. In sy eie woorde is hy skreiend eerlik - De Kock skram nie daarvan weg om van sy wandade in detail te beskryf of sy opdraggewers te identifiseer nie.

Die boek skets nie net die era en omstandighede wat tot Vlakplaas gelei het nie, maar bied ook insae in De Kock se menslikheid.
Publication date: 2015-03-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.