eMajuba

Click to enlarge
Click to enlarge
9781920654634
R 179
Pragtige Nelia word deur sakeman Boris de Beuck verkrag, maar daar is sprake van 'n video wat glo bewys dat Nelia vrywillig betrokke was. Woedend besef sy dat magtige Magda, Boris se ma, agter die skerms konkel. Nelia neem reg in eie hande en as IT-spermuur spesialis, sit sy met 'n dodelike troefkaart.
Ook kry sy hulp van vreemdeling Retief Boshoff wat vermoed dat haar saak verband hou met 'n voorval uit die tweede Vryheidsoorlog, 111 jaar gelede. Moeksie, Retief se grootouma, was toe ook 'n slagoffer van 'n verkragting.
En die verdagte? Sep de Beuck, Boris se grootoupa. Om alles te kroon, was Sep 'n joiner wat openlik met Kakie geheul het.
Maar daar's 'n kinkel. 'n Kakie-soldaat was daardie stormagtige nag ook op die plaas en Moeksie kon nie haar aanvaller eien nie. Al wat sy in die weerlig kon sien, was iets soos 'n geboortevlek op die man se maag.
Op soek na die man met die vlek, delf Retief en Nelia diep in die twee families se voorgeskiedenis; vanaf die oorlog in 1902, via die gewapende stryd van Umkhonto We Sizwe in die 70's, tot en met die Kerkstraat-bomaanval in 1983.
Retief skryf verbete aan sy familiegeskiedenis, onder andere oor die Boshoffs se eed om wraak op die De Beucks te neem. Nelia besef Retief sit in sy eie manuskrip vasgevang en vermoed dat dit die einste eed is wat hom so in die verlede hou.
Daarenteen het Nelia, as weggooikind, geen idee wie haar voorsate is nie. Eers huiwer sy om saam met Retief te werk, maar besef dan dat haar herkoms met dié van die Boshoffs verstrengel mag wees.
In Retief se manuskrip, ontmoet Nelia vir Aletta, Retief se ander grootouma. Hierdie beeldskone Boervrou kon nooit die Boer se uiteindelike oorgawe aanvaar nie en trap gevolglik 'n bloedspoor deur die verhaal.
Meegevoer, besluit Nelia dat 'n stryd soos Aletta s'n nooit verby kan wees nie. Sy sit dan die oorlog eienhandig voort en wel met virus-aanvalle via die internet. Haar wapen is haar eie vernuf asook eMajuba, 'n digitale oorlogmasjien wat sy tyd vêr vooruit is.
Onvermydelik loop dinge uit op 'n dodelike konfrontasie, maar ook volg 'n wrede ontnugtering as die draer van die vlek uiteindelik ontbloot word.
Publication date: 2014-10-01

© All Rights Reserved 2017
A Product of CEIT Development