Die huis van skadus

Click to enlarge
Click to enlarge
9781415020258
R 90
Wanneer hulle ouers 'n geheimsinnige brief kry, moet Kittie en Ned alleen na hulle nuwe huis trek. Maar Heiligspoort is nie 'n gewone huis nie. Snags daal die mis neer en neem hulle op 'n reis deur die skaduagtige verlede. Kan Kittie en Ned die raaisel oplos en die huis se spookagtige geheim onthul?

Die huis van skadu's is een van die boekies in die Usborne-jongleserreeks, vlak twee, wat goeie stories kombineer met teks wat maklik lees. Die Usborne-jongleserreeks is ontwikkel in oorleg met Alison Kellly, hooflektor in opvoedkunde en leesspesialis aan die Universiteit van Roehampton.

Vlak een is vir lesers wat pas begin het om op hul eie te lees.
Vlak twee is vir lesers wie se leesvaardighede begin toeneem.
Vlak drie is vir lesers wat gereed is vir langer stories.
Publication date: 2013-03-01

© All Rights Reserved 2017
A Product of CEIT Development