Beertjie se vriendin

Click to enlarge
Click to enlarge
9780798163804
Illustrator: Maurice Sendak
R 110
Ouderdom 6+ jaar. Beertjie is seker een van die wêreld se mees sjarmante kinderboekkarakters. Die eenvoudige teks deur Else Holmelund Minarik en die evokatiewe tekeninge deur Maurice Sendak, internasionaal beroemde en bekroonde kinderboekillustreerder, skep vir die kind 'n verbeeldingswêreld waarin hy altyd tuis voel.
Al vyf titels in die Beertjie-reeks sal in 'n wye kring byval vind, aangesien dit uitstekende voorleesboeke is. Die kleuter wat die verhaal een of twee maal gehoor het, sal dit self aan die hand van die illustrasies kan volg. Dit is ook besonder geskik vir self-lees deur kinders wat pas leer lees het.
In hierdie boek maak Beertjie maats met 'n dogtertjie genaamd Emma. Maar wanneer die somer verby is, moet Emma vertrek. Beertjie is baie hartseer - totdat hy 'n manier vind om naby aan sy vriendin te wees, al is sy baie ver weg.
Publication date: 2013-07-01

© All Rights Reserved 2017
A Product of CEIT Development