Onthaal op grootskaal

Click to enlarge
Click to enlarge
9780798159463
R 280
Hoe meer siele, hoe meer vreugde!

Onthaal op grootskaal is vir elkeen wat al vir 12 mense of meer moes kosmaak. Onthaal word maklik met wonderlike disse wat jy sonder groot moeite op skaal kan voorberei.

Bestanddele word gebruikersvriendelik in tabelle ingedeel van 12, 25 en 50 porsies. Daar is ook 'n spesiale hoofstuk vir spyseniering by skool- of sportkampe waar resepte vir 25, 50 en 100 mense op 'n slag uitgewerk is.

Met resepte vir alles van voorgereg tot nagereg en talle wenke oor hoe om resepte te vermeerder, is die kopkrap van groot onthaal iets van die verlede.

Hoofstukke sluit in:
- Ontbyt, laatontbyt en ligte etes
- Vingerhappies
- Begrafniskos
- Eengeregwonders
- Troues en ander spesiale geleenthede
- Braaivleis en bykosse
- Deftige aandetes
- Kampspyseniering
- Onthaal vir baie groot getalle
Publication date: 2013-07-01

© All Rights Reserved 2017
A Product of CEIT Development