Moord en roof In die kop van n baasspeurder

Click to enlarge
Click to enlarge
9780624057581
R 235
"Wat gebeur met 'n man wat sy lewe elke dag in gevaar stel en later telling verloor van die aantal misdadigers wat hy al doodgeskiet het? As baasspeurder by die Wes-Randse Moord- en roofeenheid was Charles Miller betrokke by die meeste skietgevegte waarin misdadigers dood is. Dié eenhede was beroemd en berug vir die wyses waarop hulle gewapende roof- en moordsake in die sewentiger- tot negentigerjare opgelos het.
In die dae van sensasiewekkende bankrowe soos die Krugersdorpse tonnelbankroof, gesinsmoorde en passiemoorde wat die gemeenskap geruk het, is daar nie sagkens met misdadigers gewerk nie.
Charles se storie is enersyds die verhaal van die Moord- en roofeenhede se hardhandige werkwyse. Dit is andersyds ook die verhaal van bloedbesmeerde moordtonele, smerige informante en die trauma waaraan speurders in die uitvoering van hul pligte blootgestel is. Oor die jare moes Charles talle kollegas aan die dood afgestaan. Die enigste ontlading is in brandewyn en Coke gevind.
'n Sielkundige beskryf wat polisielede aan die gang hou en wat in hul psiges gebeur wanneer hulle aan onmenslike trauma blootgestel word.
'n Ware verhaal van die donker kant van die samelewing en van wat dit kos om misdadigers aan die pen te laat ry."
Publication date: 2013-09-01

© All Rights Reserved 2017
A Product of CEIT Development