Sport vir die Siel

Click to enlarge
Click to enlarge
9781920654672
R 139
Pieter van den Berg en pastoor Dave Strydom is die aanbieders van Sport vir die siel op RSG. Wêreldwyd begin al hoe meer sportsterre hulle afhanklikheid van die Here bely en baie getuig dat die sëen van die Here 'n groot invloed op hulle prestasies het. Pieter en Dave glo dat die beginsels wat van sportpersone wenners maak, leef ook in jou: Verstaan die wenstrategie in jou binneste/jou hart.

RSG se Maandagoggend wengedagte 'Sport vir die Siel' is nou in boekvorm beskikbaar.
In Sport vir die siel word groot sportoomblikke, wat deur luisteraars onthou word, aan 'n geestelike boodskap gekoppel en 'n praktiese toepassing word gegee vir die leser se persoonlike lewe. Pieter lewer kommentaar of verslag oor die sportgebeurtenis om die oomblik te laat herleef, waarna pastoor Dave die geestelike toepassing daaraan koppel.

Hierdie boek gaan jou positief beinvloed, van jou 'n wenner maak en jou beter laat voel oor die lewe en oor jouself! Onderwysers sal Sport vir die siel kan gebruik vir skriflesing en gebed tydens registerklas-openinge en saalbyeenkomste. Afrigters en onderwysers kan dit ook gebruik om kinders voor 'n sportwedstryd te inspireer en motiveer.
'n Wonderlike geskenk vir jou man, kinders of enige sportliefhebber.
Sport vir die siel: Leer daagliks meer van God deur inspirasie te put uit die werking van die Gees op die sportveld.
Publication date: 2014-11-01

© All Rights Reserved 2017
A Product of CEIT Development