101 Dae van Lof

Click to enlarge
Click to enlarge
9781431606153
R 100
Daar is min boeke in die Bybel so aangrypend soos die Psalms. Die hele gesin kan nou saam op 'n wonderlike reis van 101 dae deur die Psalms vertrek met Johan Smith se drie dagboeke oor hierdie wonderlike Bybelboek.

Johan het 101 DAE VAN LOF spesiaal vir die volwasse mark geskryf terwyl 101 DAGSTUKKE VIR TIENERS spesifiek op tieners gemik is. Johan se vrou, Helena, het saam met hom gewerk om 101 DAGSTUKKE VIR LAERSKOLERS te skryf vir jonger lesers.

Hierdie reeks dagboeke bestaan uit 'n Skrifgedeelte uit Die Boodskap, 'n oordenking, inspirerende aanhaling en 'n gebed vir elke dag. 'n Wye verskeidenheid temas lei ons in ons daaglikse wandel: Kies jou vriende reg, lof aan God, God is altyd daar om jou te help, hoop, vergifnis, dankbaarheid, vind jou vreugde in God en tel jou woorde. Aan die einde van elke boek is daar ook plek om vir die leser om sy of haar eie lofpsalm te skryf.

Die hele gesin sal hierdie dagboeke geniet en kan saamgesels oor die temas.
Publication date: 2013-07-01

© All Rights Reserved 2017
A Product of CEIT Development