Van gewoon na uitsonderlik

Click to enlarge
Click to enlarge
9781432203252
R 250
Ag, my lewe is so vervelig ...Die mense by my werk maak my mal! Ek haat my werk, ek werk net vir geld.
Voel jy ook so?
Dan sal hierdie boek jou help om kopskuiwe te maak. Dit sal jou leer hoe om jou vaardighede te ontwikkel om meer effektief te wees. Dit sal jou motiveer om jou dagtake meer positief en kreatief af te handel.
In 200 stukkies wat jy oor 40 weke - elke werksdag - kan deurwerk, gee Kobus Neethling vir jou alles wat jy nodig het om weer lus te wees vir dit waarmee jy jou salaris verdien. Elke stukkie is geskryf in alledaagse, verteerbare taal. Die inhoud is boonop so ontwerp dat die daaglikse stukkie jou net vyf minute sal neem om deur te gaan.

Die onderwerpe is sorgvuldig gekies om jou te help om ...te verstaan hoe jou breinvoorkeure jou werk beïnvloed
idees te skep wat die mense om jou sal inspireer
beter te kommunikeer vir beter verhoudings
jou probleme kreatief op te los
gelukkig te wees (selfs op 'n Maandag!)
te ontdek hoe slim jy regtig is
goeie en slegte stres te bestuur
jou beste te lewer.
Publication date: 2014-02-01

© All Rights Reserved 2017
A Product of CEIT Development