Ma wees met selfvertroue

Click to enlarge
Click to enlarge
9781415327241
R 170
R 59You save R 111
Afrigter, aanmoediger, vertroueling, kok, taxibestuurder - 'n ma se 'posbeskrywing'
is so wyd soos die oseaan. Dalk is dit waarom soveel ma's onseker en huiwerig
is in hul pogings om hul kinders na die beste van hul vermoë groot te maak.
Ma-wees met selfvertroue is vir elke ma wat voel sy is nie goed genoeg nie en
wens haar kinders het met 'n handleiding gekom. Joyce Meyer verseker jou dat jy
nie alleen is nie - God is by jou en Hy wil jou help om die uitdagings wat jou elke
dag in die gesig staar met vertroue aan te pak.
Joyce Meyer gee waardevolle riglyne om jou te help om jou gesin met God se
krag en wysheid te lei in 'n wêreld vol uitdagings en verandering. Deur inspirerende
verhale, Bybelse beginsels en waardevolle lesse uit háár lewe kan jy hernude
selfvertroue en vreugde in ma-wees ervaar. Van die onderwerpe wat sy
aanspreek sluit in:
- Volmaakte vroue hoef nie aansoek te doen nie
- God kan dit hanteer
- Ontspan 'n slag ... en glo
- Geen vrees hier nie
- Fokus op die positiewe
- Hou dit eenvoudig
- Waag dit om nie te vergelyk nie
- Geniet die reis
Dit maak nie saak hoe oud jy is, watter grootte rok jy dra, hoeveel kinders jy het
of wat jou omstandighede is nie, jy kan die vreugdevolle, selfversekerde ma word
wat God jou geskep het om te wees.
Publication date: 2015-06-01

© All Rights Reserved 2017
A Product of CEIT Development