●●● FREE delivery on orders above R500 in RSA ●●● DISCOUNT APPLIES TO ONLINE ORDERS ONLY ●●●
Click to enlarge
Click to enlarge
9781920479879

Nie-fiksie / Non-fiction: Crafts & Hobbies & DIY / Stokperdjies & Handwerk

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Crafts & Hobbies & DIY / Stokperdjies & Handwerk
R 185
R 167You save R 18
Die projekte toon hoe verskeie watermediums op bekende dog onkonvensionele maniere gebruik kan word.

Hierdie boek neem jou verby die tradisionele voorkoms van ligte, sagte en bykans deurskynende waterverfwerk. Leer hoe om ryk, lewendige beelde te skep nie net met waterverf op papier nie, maar ook met ander mediums en materiaal. Jy behou die waterige gevoel, maar versterk en verbreed die moontlike tekstureringseffek.

Die projekte toon hoe verskeie watermediums op bekende dog onkonvensionele maniere gebruik kan word. Verf, ink, kleurpotlode en lapkleursel vorm die kleurkomponent, terwyl tekstuurmediums deel van die repertoire uitmaak. Heelwat projekte is op waterverfpapier, maar skilderdoek, karton en velyn of natrekpapier kom ook voor. Daar is baie eenvoudige gestruktureerde tegnieke wat stap-vir-stap gevolg kan word om 'n baie soortgelyke voorkoms te skep vir handwerkprojekte. Maar lesers word ook aangemoedig om met meer spontane en minder gekontroleerde tegnieke (ook stapsgewys geïllustreer) hulle eie skeppende weg te volg en avontuurlustig te wees, risiko's te loop en met hulle gelukkige 'ongelukke' te werk.

Minder suksesvolle werk kan op baie verskillende maniere ingespan word en die boek bevat idees oor hoe sulke werk met nuwe kunswerk geïnkorporeer kan word. Water-(verf-)kuns is propvol wonderlike idees vir kunstenaars en handwerkers en selfs groentjies sal wil saamspeel en eksperimenteer.
Publication date: 2014-06-08

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.