DISCOUNT ONLY ON ONLINE PURCHASES ●●● FREE Pargo delivery on orders above R350

Topverkopers Kinders / Bestsellers Children

Results 1 to 15 of 15
Sorted by:  Ranking
Click to enlarge
Click to enlarge

1

9781776093939

Kinders: Nie-fiksie

Kinders  -  Nie-fiksie
R 230
R 184You save R 46
Die boek is die opvolg van die gewilde Vrae en feite vir nuuskierige agies, waarvan meer as 8 000 eksemplare verkoop het.
Vir almal wat dors na kennis, bring die legendariese opvoedkundige Riette Hugo uitgebreide antwoorde op vrae soos:
Watter mini-mini-miniatuur goggas leef op jou lyf?
Bestaan daar nog regte hekse?
Hoe het een skoot 50 miljoen mense se dood veroorsaak?
Wat is seksisme en hoe kan dit jou lewe beinvloed?
Het mense mekaar met blomme gegooi tydens die Tulpoorlog?
Wie was die eerste nuuskierige agie?
Hierdie inligting en nog vele meer, oor die interessantste onderwerpe onder die son, is alles in die boek!
Propvol antwoorde, riglyne en wenke vir kinders van alle ouderdomme!
Laaste vraag: Watter feit staan soos 'n paal bo water? Feit: Kennis is mag!
Publication date: 2019-04-12
Click to enlarge
Click to enlarge

2

9781485310518

Kinders: Prenteboeke

Translator: Philip de Vos
Kinders  -  Prenteboeke
R 150
R 120You save R 30
Moeps die mopshond is 'n regte skelm. Om sy sin te kry, jok hy gereeld en plaas altyd die blaam vir sy stoutighede op arme Worsie, die worshond. Maar op 'n dag draai die wiel ... of sal ons sê, val die bal ... en Moeps besef dat skelmstreke en leuens nie altyd so goed uitdraai nie.
Hierdie is 'n rymboek met skreeusnaakse illustrasies. En al is Moeps 'n regte skelm, steel hy gou jou hart.
Publication date: 2019-06-03
Click to enlarge
Click to enlarge

3

9781485310495

Kinders: Prenteboeke

Translator: Philip de Vos
Kinders  -  Prenteboeke
R 150
R 120You save R 30
Moeps is 'n mopshond
met grille en giere.
Moeps was selfsugtig
met nare maniere.

Moeps is 'n mopshond met baie slegte maniere en hy is glad nie 'n “deelmaatjie” nie. Hy hou al sy speelgoed vir homself en as sy vriendelike mede-woonstelbewoner, die worshond Worsie, vra of hy met iets kan speel, antwoord Moeps: “Dis myne! Myne! Myne!” en verloor dit heeltemal. Uiteindelik kry Worsie tóg wat hy wil hê.
Dis 'n heerlike rymboek met skreeusnaakse illustrasies. En al is Moeps 'n hond met goor manier, kruip hy vinnig in jou hart.
Publication date: 2019-06-03
Click to enlarge
Click to enlarge

4

9781485310501

Kinders: Prenteboeke

Translator: Philip de Vos
Kinders  -  Prenteboeke
R 150
R 120You save R 30
Moeps die mopshond wil altyd wen. Maak nie saak wat die uitdaging is nie, hy móét eenvoudig net die wenner wees. En hy wen gewoonlik ... al kul hy so 'n bietjie. Op 'n dag daag hy Worsie die worshond om te kyk wie die vinnigste sy hondebak kan leeg eet. Hy val weg en eet so gulsig en gierig moontlik ... maar kom skielik agter hy het iets anders ook ingesluk!
Moeps die wenner is 'n rymboek met skreeusnaakse illustrasies. En al is Moeps 'n slegte verloorder, kruip hy gou jou hart.
Publication date: 2019-06-03
Click to enlarge
Click to enlarge

5

9780799390711

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Illustrator: Johann Strauss
Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 180
R 144You save R 36
Vier Sanri Steyn-stories in een omnibus!

Sanri Steyn droom daarvan om eendag 'n joernalis te word. En nie sommer enige joernalis nie. Haar naam sal op almal se lippe wees ... Superjoernalis Sanri Steyn. Sy het nie verniet haar eie koerant, die Raaiselfontein Gazette, begin nie. Op die dorpie Raaiselfontein beleef Sanri en haar beste vriend, Markus, allerlei vreemde avonture - as daar nie ruimtewesens oorkant die straat intrek nie, probeer iemand die hele skool se kinders in zombies verander! Die aweregse humor en lekker grillerige avonture in hierdie gewilde reeks sal seuns en meisies vasgenael hou!

Vir die eerste keer is die eerste vier Sanri-stories nou in een lekkerlees-omnibus beskikbaar! Dit sluit in:

1: Doktor Zombos se geheime formule
Sanri droom daarvan om eendag 'n joernalis te word - en toe sy en haar ma na die klein dorpie Raaiselfontein trek, besluit sy om haar eie koerant te begin. Die Raaiselfontein Gazette sal propvol opwindende nuus wees. Maar sommer gou vind Sanri uit alles is nie pluis op Raaiselfontein nie. Waarom tree almal so vreemd op? En wat het die lekkergoedfabriek daarmee te doen? Saam met haar nuwe vriend, Markus, besluit Sanri om die geheim te probeer ontrafel …
2: Die aliens oorkant die straat
Toe daar nuwe intrekkers oorkant die straat is, begin Sanri se neus kriewel - soos altyd wanneer sy 'n lekker sappige storie ruik. Hoekom trek die nuwe mense een nag tydens 'n woeste donderstorm in? Waarom ry hulle met so 'n vreemde borrelkar? En waarom tree die twee kinders met hulle silwerwit hare so snaaks op? Sanri is seker hulle nuwe bure is aliens. Sy moet net die bewyse kry, anders kan sy vergeet daarvan om 'n storie daaroor te skryf.
3: Die seun met die superkat-kragte
Sanri se neus begin kriewel toe sy die nuwe seun in hulle klas ontmoet. Felix tree baie vreemd op - hy klouter oor mure, eet regte vissies op sy pousebrood ... en hy het 'n ongelooflike geheim! Kort voor lank is daar groot moeilikheid op Raaiselfontein. 'n Nare rotskurk en sy weermag van rotte beplan om die dorp oor te neem.
4: Die spookmeisie van Raaiselfontein
Sanri is teen hierdie tyd gewoond daaraan dat vreemde dinge op Raaiselfontein gebeur. Toe brille links en regs begin wegraak, kry sy dadelik snuf in die neus. Dan maak Sanri en Markus kennis met 'n spookmeisie - en sy het hulle hulp nodig.
Publication date: 2019-02-13
Click to enlarge
Click to enlarge

6

9780799394900

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 125
R 100You save R 25
'n Wilde wragtig genaamd Wilde Wikus Het daar 'n zombie-virus uitgebreek? Is ruimtewesens besig om die aarde aan te val? Het iemand 'n hele weermag ninja-robotte losgelaat? Of waarom wil Wikus se beste maat, Rico, dan skielik nie meer Vrydagmiddag by hom kom kuier nie? Die waarheid is nog erger as zombies, ruimtewesens of ninja-robotte. Rico het 'n nuwe beste maat. Iemand wat baie opwindender as Wikus is. Wikus besluit om 'n plan te maak … Hierdie is 'n humoristiese, toeganklike boek geskik vir beginner- en intermediêre lesers. Daar is min boeke vir seuns in hierdie ouderdomsgroep. Trefwoorde: humor, vriendskap, skool, boelies, avontuur, gesinne.
Publication date: 2019-05-28
Click to enlarge
Click to enlarge

7

9780799389302

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 185
R 148You save R 37
Die gewildste perdestories in Afrikaans!
Die immergewilde Stalmaats-boeke is nou in 'n reeks lekkerlees-omnibusse beskikbaar!
Kom word deel van die pret en avontuur by die Dagbreek-ryskool saam met Anri, Megan, Karen en die ander Stalmaats!
Of hulle nou aan 'n perdekompetisie deelneem, vakansie by die see gaan hou, of geld insamel om mishandelde en hawelose perde by 'n skuiling te red - waar Anri en haar maats is, is daar altyd hope pret! Natuurlik is die katterige Vinette gedurig besig met allerlei planne om die lewe vir die res van die Stalmaats moeilik te maak.
En dan is daar Jacques, die ryskooleienaars se seun met sy blou oë, wat net so mal is oor perde en Anri se hart vinniger laat klop.
Word deel van die pret en opwinding by die Dagbreek-ryskool saam met Anri en die ander Stalmaats!
Jong perdeliefhebbers sal versot wees op hierdie reeks!
Hierdie omnibus bevat die volgende vyf titels:
* Komaan, Karen!
* Seeponies
* Roset
* Vrye Teuels
* Gevaar op Dagbreek
Publication date: 2019-02-20
Click to enlarge
Click to enlarge

8

9780799393125

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Translator: Lydia Du Plessis
Illustrator: Verskeie
Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 200
R 160You save R 40
Wie is die grootste rebelle van almal?
Katte, natuurlik! Vir te lank is daar te min gesê oor hoe ongelooflik katte is. Hierdie boek vertel die (ware!) verhale en geheime van vurige en kordate katte. Daar is verhale oor katte wat lewens red, katte wat muise in allerlei geskiedkundige geboue soos kerke en teaters vang, katte wat Hollywood-sterre geword het en selfs 'n brawe klein katjie wat die Nazi's om die bos gelei het. Tesame met die verhale van merkwaardige katte, is daar ook interessante feite oor mistiese katte en katte aan boord van skepe. Daar is ook meer inligting oor projekte en organisasies wat katte, en hul regte, beskerm. 'n Purr-fekte boek vir katliefhebbers!

Hierdie is 'n niefiksietitel wat werklik deur enige katliefhebbers gelees kan word - nie slegs kinders nie.
Publication date: 2019-06-04
Click to enlarge
Click to enlarge

9

9780799389357

Kinders: Kleuters

Illustrator: Karen Ahlschlager
Kinders  -  Kleuters
R 200
R 160You save R 40
Maak gereed vir hope kleuterpret in hierdie pragboek met 'n CD by!
Wat kry jy wanneer drie van die land se talentvolste kunstenaars kragte saamspan en 'n kleuterboek die lig laat sien? Hope pret, natuurlik!
In Rondomtalie verskyn 'n prettige keur uit die gewilde en bekroonde kinderrympie-koning Jaco Jacobs se kleuterversies, pragtig deur die talentvolle kunstenaar Karen Ahlschläger geïllustreer. En om als te kroon bevat die boek ook 'n CD waarop die veelbekroonde toonsetter en sangeres Anna Davel haar fantastiese toonsettings van al 30 versies sing!
Kom ry saam op die Teddiebeerbus, ontmoet vir Bambino die reus van Bitterbos, galop op die rug van 'n wilde perd, soek goggas in die tuin of hou 'n kussinggeveg! Die boek bevat altesaam 30 rympies en 30 liedjies.
Hierdie pragpublikasie beloof ure se vermaak vir kleuters - en is 'n trotse toevoeging tot enige kleuter se boekrak en musiekversameling!
Inhoud/Speellys
1. Kielie-kabouter
2. Bambino, die reus van Bitterbos
3. Grootmeneer
4. 'n Dag by die dieretuin
5. Voëltjies hou van sing
6. Spat in die bad
7. Dinosouruspret
8. Slaap, Sibongile
9. Skoppelmaai
10. Padda op 'n klip
11. Klop, klop, klop
12. Tande borsel
13. Teddie se wiegelied
14. Tien pikkewyne
15. Wilde perd
16. Spring
17. Winkel toe
18. Hande klap
19. Kattermaai
20. Trapsoetjies
21. Die Teddiebeerbus
22. Blokkies
23. My klere het gekrimp
24. Blou ballon
25. Wolke
26. Goggas
27. As jy mooi vra
28. Voor die spieël
29. Daar's 'n beer in my bed
30. Kussinggeveg
Publication date: 2018-10-31
Click to enlarge
Click to enlarge

10

9780799389562

Kinders: Prenteboeke

Translator: Jaco Jacobs
Illustrator: Tom Percival
Kinders  -  Prenteboeke
R 140
R 112You save R 28
Niks is regtig verlore as jy dit in jou hart bêre nie …
Op 'n dag gaan Sophia saam met haar pa see toe. Hulle geniet 'n heerlike dag op die strand, totdat 'n donderstorm uitbreek en hulle inderhaas moet vlug. En Sophia verloor per ongeluk haar teddie. Haar spesiale teddie wat eers haar oupa s'n was, en toe haar ma s'n, en daarna hare sedert die dag toe sy gebore is.
Sophia se hart is gebreek. Maar die see sien wat gebeur. En dalk, net dalk, kan die see Sophia se teddie vir haar terugbring. Maak nie saak hoe lank dit neem nie …
Hierdie beeldskone, spesiale prenteboek kombineer asemrowende collage-kunswerk met 'n hartroerende storie wat jou altyd sal bybly. Die sielvolle storie spreek tot jonk en oud - dit is tegelyk die verhaal van 'n opwindende soektog én 'n storie met 'n belangrike les oor die hantering en verwerking van verlies.
Publication date: 2019-01-19
Click to enlarge
Click to enlarge

11

9780799392401

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 200
R 160You save R 40
Vyf fantastiese Jaco Jacobs-boeke in een omnibus!
Vir die eerste keer word vyf van Jaco Jacobs se gewilde kinderverhale saam in een waarde-vir-geld omnibus aangebied! Geniet hierdie fantastiese verhale oor onbeskofte feetjies, 'n geheimsinnige meermin, 'n superheld-boetie, 'n baie stink poets en 'n klomp raserige dinosourusse!
Pasop vir die feetjies
Is daar regtig iets soos feetjies? Natuurlik nie! Wie glo nou in piepklein meisietjies wat kamma kan vlieg en heeldag blomme verf? Beslis nie die ondeunde tweeling Dieter en Pieter nie. Maar Lienke en Nonkwe glo in feetjies. Hulle glo daar bly feetjies in 'n ou boomstam in die biblioteek se tuin. Daarom besluit Dieter en Pieter om die meisies 'n poets te bak. Hulle maak superstink Feetjie-Vlug-Formule en gooi dit in die ou boomstam!
Kort voor lank kry die tweeling 'n nare verrassing - twee omgekrapte, ongemanierde besoekers ... 'n Prettige skaterlagstorie met 'n belangrike les - moenie met 'n feetjie skoorsoek nie!
Borrels
Ontmoet vir Borrels! Sy is die nuwe meisie in Christo en Nelson se klas. Dit is nie net haar naam wat vreemd is nie ... Borrels dra skulpe in haar hare. Sy bring haar goudvis saam skool toe. En sy het 'n GROOT geheim ... Ontdek hoeveel pret dit kan wees as die nuwe meisie in jou klas 'n meermin is! 'n Verbeeldingryke storie met 'n bewaringstema, ideaal vir beginnerlesers.
Superboetie
Ryno Rademan is moeg daarvoor om die oudste broer van 'n superheld te wees. Ja, jy het reg gelees. Sy bababoetie is 'n superheld. Die nag toe hy gebore is, het 'n meteoriet die dorp getref. Dit het hom spesiale kragte gegee. Hy red mense uit brandende geboue en roei misdaad uit - al maak hy nog gereeld sy doeke vuil. Maar op 'n dag besluit Ryno se ma om sy bababoetie vir 'n kompetisie in te skryf ... en hulle kom van aangesig tot aangesig met 'n baba-skurk! Kan Ryno sy boetie uit die kloue van die boosaardige baba red - voor dit te laat is?
Koebaai Gorilla
WAARSKUWING! Hierdie storie STINK! Hein beland gedurig in die moeilikheid omdat sy beste pel, Morné, hom uitdaag om simpel goed aan te vang. Simpel goed soos om 'n asblik op sy kop skool toe te dra. Hein neem hom voor dat hy klaar is met hierdie soort grappies. Maar teen sy sin aanvaar Hein wéér sy Morné se nuutste uitdaging ... Hy moet 'n hele week lank oorleef sonder 'n tandeborsel. Of vlos. Of pepermente. Of van daardie aaklige groen gorrelgoed. Hoe moeilik kan dit nou eintlik wees? Maar kort voor lank ruk dinge hand-uit ... 'n Stink storie wat jou sal laat skaterlag ... terwyl jy jou neus toeknyp!
Die probleem met dinosourusse
As jou vriende 'n klomp REUSE, RASERIGE dinosourusse is, kan dinge nogal moeilik raak. Veral as hulle boonop saam skool toe gaan. Maar die probleem met dinosourusse … is dat jy nooit lank vir hulle kwaad kan bly nie!
Publication date: 2019-02-19
Click to enlarge
Click to enlarge

12

9780799391275

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Illustrator: Elanie Bieldt
Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 220
R 176You save R 44
Jamie en Sebastiaan is terug in 'n fantastiese omnibus
Maak gereed vir baie kattekwaad! Die geliefde Jamie en Sebastiaan-verhale is terug met 'n nuwe baadjie. Beleef allerhande avonture saam met Jamie en Sebastiaan, die spekvet, pratende kat - van noue ontkomings uit die hande van 'n ontvoerder en glibberige woestyntunas, tot die soektog na die vermiste storiemol.
Jamie en Sebastiaan
Van die eerste oomblik toe Jamie vir Sebastiaan in die groentetuin sien lê het, het hy geweet hier kom moeilikheid. Sommer GROOT moeilikheid! Sebastiaan is nie net ʼn gewone kat nie. Hy is ʼn spekvet, grysgestreepte kat wat boonop kan praat! Al wat hy eet is tuna en room, want dit is wat die kattedokter in die Kaap vir hom voorgeskryf het. Ouma Katie dink Sebastiaan is 'n dierbare ou katjie, maar Jamie weet van beter. Hy weet dat dit Sebastiaan was wat die skoolhoof se tunatert opgevreet het EN wat hulle amper in die kloue van 'n smerige ontvoerder laat beland het EN wat ʼn wrede seerower se houtbeen gesteel het EN wat die glibberige woestyntunas so kwaad gemaak het dat hulle hom wou opkerf en in blikkies verpak …
Jamie en Sebastiaan en die storiemol
In die tweede boek kry Jamie en sy kat, Sebastiaan, ʼn baie belangrike opdrag - hulle moet die storiemol gaan soek. Die storiemol het spoorloos verdwyn en sonder haar sal al die stories op aarde opdroog. 'n Wêreld sonder stories sal 'n aaklige plek wees. Daarom vertrek Jamie en Sebastiaan dadelik op hul nuutste avontuur met die hulp van ʼn slim sprinkaan en ʼn pratende hysbak!
Publication date: 2019-03-19
Click to enlarge
Click to enlarge

13

9780798175982

Kinders: Algemeen

Illustrator: Maja Sereda
Kinders  -  Algemeen
R 225
R 180You save R 45
Menige ouer, onderwyser en afrigter het al die wens uitgespreek dat minder tyd aan die soek van geskikte materiaal vir Eisteddfods bestee hoef te word. Eisteddfod-pret is gebore uit hierdie noodkreet van ouers, onderwysers en kinders wat jaarliks in desperaatheid die internet en biblioteke fynkam vir vars, nuwe materiaal, want dis nie sommer enigiets wat geskik is nie.
Die inhoud van hierdie bundel is oorspronklike, ongepubliseerde werke van die Fynbosskrywers, werke wat die potensiaal het om A++ by 'n Eisteddfod te verwerf. Dit bestaan uit 108 gedigte, 24 monoloë en 20 samesprake wat geskik is vir gebruik in die laerskool. 'n Inleiding deur Louise Lachenicht verseker ook dat die deelnemer se potensiaal ten volle ontwikkel word met riglyne vir afrigters, onderwysers en ouers.
Publication date: 2018-01-26
Click to enlarge
Click to enlarge

14

9780624086772

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 190
R 152You save R 38
Paul en Alicia was op die verkeerde plek op die verkeerde tyd - Paul het 'n moord aanskou en Alicia het vir die eerste keer in haar lewe skool gebunk omdat sy ontsteld was oor iets wat gebeur het. Die twee hoërskoolleerders van Bloemfontein word saam met ander jongmense gevange gehou in 'n luukse huis vol gruwels. Uitkomkans is daar nie, maar dinge raak so erg dat hulle hul lewens gaan waag om weg te kom. 'n Spanningsvolle verhaal met temas mensehandel, dwelmhandel en moord.
Publication date: 2019-04-15
Click to enlarge
Click to enlarge

15

9780799391817

Kinders: Nie-fiksie

Translator: An-Mari Fouché
Kinders  -  Nie-fiksie
R 160
R 128You save R 32
Kleurvolle woordeboek vol pret!
Hierdie prettige, kleurvolle woordeboek is ideaal om jou kind se taal- en geletterdheidsvaardighede te ontwikkel en verbeter. Met volop selfstandige naamwoorde, werkwoorde en byvoeglike naamwoorde is daar ook allerlei opwindende onderwerpe: van wilde diere, beroepe en storietyd tot plaaslewe en kleure, vorms en getalle. Daar is volop dinge om te sien op elke bladsy en vyf eenvoudige, maklik leesbare stories stel nog meer woorde aan die kind bekend en help om vroeg reeds skryfvaardighede te ontwikkel.
Hierdie boek is geskep in samewerking met 'n vooraanstaande opvoedkundige konsultant, Penny Coltman, en is geskik vir kinders wat nog nie lees nie, beginnerlesers en almal wat Afrikaans wil leer.
Die boek bevat ook heelwat besprekingspunte om taalontwikkeling aan te moedig, en die duidelik gemerkte prente bevorder lees- en skryfvaardighede.
Publication date: 2019-01-29

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.