●●● FREE delivery on orders above R450 in RSA ●●●

Search results: André P Brink

Results 1 to 15 of 17
Sorted by:  Publication date
Click to enlarge
Click to enlarge
9780798177023

Fiksie: Kortverhale

Fiksie  -  Kortverhale
R 260
R 234You save R 26
In hierdie versamelbundel bring H&R vroeë verhale deur een van Afrikaans se belangrikste skrywers in een band byeen. Vóór die Sestiger-beweging en internasionale literêre aansien het André Brink sy loopbaan begin as skrywer van humoristiese stories en spannings- en liefdesverhale. Die vermaaklike stories in dié bundel het gedurende die 50's in die Die huisgenoot en Die brandwag verskyn. Brink se unieke humor word met 'n tikkie nostalgie vermeng - perfek vir 'n ouer én nuwe geslag lesers.
Publication date: 2018-04-16
Click to enlarge
Click to enlarge
9780798174909

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 325
R 293You save R 32
As roman (aanvanklik verbied), en later as film, is 'n Droë wit seisoen 'n baken in die Suid-Afrikaanse letterkunde. Ben du Toit, 'n 'doodgewone' Afrikanerman, se sin vir regverdigheid word geskok deur die gewittigde moord op sy swart tuinier en dié se seun tydens die Soweto-betogings in 1976. 'n Heruitgawe van 'n groot politieke roman, nou in nuwe verpakking.

Ben se pogings om agter die waarheid te kom, bring hom in opstand teen die hele geskiedenis en stelsel wat hom gevorm het. Hy is nie 'n politieke kruisvaarder nie, hy wil slegs agter die waarheid kom. Sy familie dink hy is dwaas, maar vir hom is dit 'n morele kwessie. Danksy die vriendskap van Stanley, die taxibestuurder uit Soweto, en die liefde van die joernalis Melanie, voer hy sy bitter stryd teen apartheid tot by die onvermydelike en skokkende einde. Wanneer Ben vermoed sy lewe is op die spel, besorg hy al die dokumente, uitknipsels, verklarings, ens. - inligting wat hy teen die Veiligheidspolisie ingesamel het - aan 'n ou universiteitsvriend, 'n skrywer wat dit alles kan dokumenteer. Sodat niemand hierna ooit durf se: 'Ek het nie geweet nie.'
Publication date: 2017-07-01
Click to enlarge
Click to enlarge

Out of print

9780798151450

Fiksie: Kortverhale

Fiksie  -  Kortverhale
R 175
R 158You save R 17
Oom Kootjie Emmer is Lykbesorger en Nagwadrywer op Witgatworteldraai. Humoristiese anekdotes oor Oom Kootjie en sy dorp se mense: Dominee Dooieweerdt en Miss Libbie Plesie, oom Sagrys Noodskoot en oom Poepies Pontak, Koekie Rautenbach en Tolletjies Fourie, sersant Gryp-en-Ryp Koesee en die Weduwee Oop-en-toe, noem maar op. Maar dit bly in die eerste plek die verhaal van oom Kootjie self, van sy sloerstaking en sy geheime wapen, sy Uitwaartse Beweging en sy Volksfees. Hoe hy uiteindelik burgemeester word en vooruitgang bewerkstellig.
Publication date: 2016-07-04
Click to enlarge
Click to enlarge
9780798155212

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 360
R 324You save R 36
'n Aangrypende, meesleurende en diep menslike roman deur een van Suid-Afrika se grootste skrywers: Philida is gebaseer op historiese werklikheid en sluit wat tema en tydperk betref aan by een van Brink se vroeër romans, Houd-den-bek.
Philida was 'n slavin wat tussen 1820 en 1835 op die plaas Zandvliet in die Drakenstein-distrik gewoon het. (Die plaas wat vandag bekend is as Solms Delta). Sy het 'n paar kinders gehad by Frans, die seun van Cornelis Brink, die eienaar van die plaas. Maar toe besluit Cornelis dat Frans met die dogter van 'n ryk Kaapse familie moet trou en dat dit beter is om Philida en haar kinders te verkoop. Die roman begin waar Philida by die drostdy op Stellenbosch 'n klag teen haar baas gaan lê, ongehoorde optrede vir 'n slawevrou, optrede wat haar duur te staan kom: Philida en haar kinders word in 1833 deur Brink op 'n slaweveiling op Worcester verkoop. Die Britse regering stel kort daarna die slawe vry, maar Philida is vir vier jaar by haar nuwe eienaar,Meester de la Bat, ingeboek.

Die swaarkry en vernedering van baie jare het Philida egter gebrei en op 'n dag eien sy vir haarself vryheid toe. Saam met die Moslem-slaaf, Labyn, trek sy deur die barre Karoo na die verre Gariep - 'die grote Gariep: hy is die hele land en die hele wêreld ...die rivier in onse binneste. My Gariep...' dink Philida. 'Hier in sy nabyte is ons almal saam.'

Philida is 'n versetsroman - maar dit is ook 'n bevrydingsroman. Dit demonstreer wat vryheid beteken, en óók wat aan die kern van baasskap lê. En alhoewel daar onthutsende tonele is, is daar ook oomblikke van teerheid en humor. En boweal, die stem van 'n meesterverteller.

'n Interessante aspek van die roman is dat Brink gebruik maak van geskiedkundige feite wat een van sy voorsate insluit.
Publication date: 2016-04-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9780624047162

Fiksie: Poësie

Fiksie  -  Poësie
R 850
R 765You save R 85
In die vyftigerjare, toe Groot Verseboek vir die eerste keer deur Tafelberg uitgegee is, en selfs nog in die vroeë tagtigerjare (toe die voorlaaste uitgawe verskyn het), was die Afrikaanse digkuns veel kleiner as vandag. Daarom was dit nodig om, met die uitverkoop van die laaste druk, die bloemlesing te hersien en aan te vul. Dié uitgawe, Groot Verseboek 2000, het vyf drukke beleef en topverkoperlyste gehaal.
Publication date: 2016-04-01
Click to enlarge
Click to enlarge

Out of print

9780798157728

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 350
R 315You save R 35
Hierdie bundel sluit aan by Brink se 2012 keur uit sy reissketse uit die sestigerjare, Herinneringe aan Parys, en bevat die beste stories uit die boeke oor sy reise deur die Mediterreense lande - Italië, Spanje en die suide van Frankryk: Sempre diritto (1963), Olé (1965) en Midi (1969). Baie leesbare verhale wat steeds iets weerspieël van daardie 'eerste vroeë opgetoëndheid oor 'n wêreld wat nog gelê en wag het om in Afrikaans ontdek te word', soos Brink dit gestel het. Sy vertellinge wissel tussen humor en erns, is speels en ook indringend.
Publication date: 2013-03-01
Click to enlarge
Click to enlarge

Out of print

9780798155786

Nie-fiksie / Non-fiction: Biography & Autobiography / Biografie & Outobiografie

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Biography & Autobiography / Biografie & Outobiografie
R 280
R 252You save R 28
'Parys . . . die stad wat ek bo alle ander liefhet' - het André Brink in sy outobiografie geskryf. Hierdie bundel bevat 'n keur uit sy destydse boeke oor Parys: Pot-Pourri (1962) en Parys-Parys: Retoer (1969).

Nadat hy in die sestigerjare in Parys gewoon het, het sy sketse en verhale oor sy ervaringe van die lewe in die Franse hoofstad eers in koerante hier en daarna in boekvorm verskyn. Sy indrukke van verskillende aspekte van die lewe in Parys is met fyn waarnemingsin geskryf.

Die toonaard wissel tussen humor en erns, tussen speels en indringend; daar is besinning en daar is satire, deernis en spot. Heerlike, leesbare stories oor hierdie gewilde wêreldstad
Publication date: 2012-03-01
Click to enlarge
Click to enlarge

Out of print

9780798151511

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 230
R 207You save R 23
Dié klassieke verhaal van Alice in Wonderland neem jou op 'n holderstebolder, humoristiese reis saam met ons onverskrokke klein heldin, Alice. Sy ontmoet die Cheshirekat, Die Hertogin, Die koning en koningin van Harte, die Wit Konyn, die Hoedemaker en die Paashaas, die Kammaskilpad, die Griffioen, en vele meer. Wat 'n heerlikheid, vir oud en jonk, om Alice weer (of vir die eerste keer) te ontmoet, en die vreemde, wonderlike karakters en insidente saam met haar te beleef.
Publication date: 2010-07-01
Click to enlarge
Click to enlarge

Out of print

9780798150682

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 265
R 239You save R 26
'n Welkome heruitgawe van 'n roman wat in die tagtigerjare verskyn het en gebaseer is op die mite van die reus Adamastor, wie se liggaam glo die gebergtes van die Stormkaap gevorm het. Dis 'n aardse liefdesverhaal, geskryf met humor en 'n speelse geestigheid. Dit speel af in die tyd toe die eerste Europeërs in die Kaap aangekom en kontak gehad het met die Khoi-Khoi.
Publication date: 2009-04-01
Click to enlarge
Click to enlarge

Out of print

9780798149969

Nie-fiksie / Non-fiction: Biography & Autobiography / Biografie & Outobiografie

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Biography & Autobiography / Biografie & Outobiografie
R 395
R 356You save R 39
Hierdie memoir is, soos André Brink dit self stel, 'n reaksie op ''n behoefte ... om nader te kyk na party gebeurtenisse in my lewe wat ek nog nie genoegsaam ondersoek het nie; baie dinge wat ek nog nie verstaan nie; baie wat my seergemaak of verras of vreugde veroorsaak het...' Die memoir gee die leser 'n blik op die ryk en vol lewe van een van die grootste skrywers in Afrikaans.
Publication date: 2009-02-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9780624045915

Fiksie: Poësie

Fiksie  -  Poësie
R 345
R 311You save R 34
In die derde deel van Groot Verseboek blom die nuutste Afrikaanse poësie in 'n verbysterende verskeidenheid vanaf T. T. Cloete tot die nuutste swart en bruin en wit stemme, in 'n hoogbloei van poësie oor alles van geweld tot deernis, liefde tot vrees, aarde en drome - deel van 'n wonder waarvan die einde nog lank nie in sig is nie.
Publication date: 2008-12-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9780624045908

Fiksie: Poësie

Fiksie  -  Poësie
R 345
R 311You save R 34
Die tweede deel van Groot Verseboek stel 'n slagorde van gedugte vrouefigure op: Ina Rousseau - Ingrid Jonker - Wilma Stockenström - Antjie Krog ... naas van die grootste manlike digters in Afrikaans: Adam Small - Peter Blum - Breyten Breytenbach ...
Publication date: 2008-12-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9780624045892

Fiksie: Poësie

Fiksie  -  Poësie
R 345
R 311You save R 34
Die eerste deel van die nuwe Groot Verseboek is getuie van 'n avontuur wat maar min in die letterkunde aangetref word: die groei van 'n digkuns, binne enkele dekades, vanuit 'n beskeie, naïewe, amper primitiewe begin tot 'n poësie wat hom nêrens in die wêreld hoef te skaam nie.
Publication date: 2008-12-01
Click to enlarge
Click to enlarge

Out of print

9780798149259

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 370
R 333You save R 37
Hierdie boeiende drie novelles word op intrigerende wyse aan mekaar verbind deur oorvleuelende karakters en plekke, asook tematiese ooreenkomste. Die drie vertellers is al drie kunstenaars - 'n skilder, 'n argitek, 'n pianis.
Publication date: 2008-02-01
Click to enlarge
Click to enlarge

Out of print

9780798145725

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 330
R 297You save R 33
Die Suid-Afrikaanse ambassadeur in Frankryk bevind hom in die apartheidsjare in 'n persoonlike krisis so fel soos die politieke krisis.
Publication date: 2006-06-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.