●●● DISCOUNT APPLIES TO ONLINE ORDERS ONLY ●●●

Search results: Chris Karsten

Results 1 to 15 of 18
Sorted by:  Publication date
Click to enlarge
Click to enlarge

2

9780798182393

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 310
R 248You save R 62
Wanneer Harry asemskep tussen sy omswerwinge deur Afrika, kom kuier hy by sy geliefde ma in Johannesburg. Gusta is veral na aan sy hart ná sy pa haar vir 'n jonger pop gelos het. Gelukkig weet Harry sy is veilig daar bo in haar luukse penthouse in Ponte Towers.

Teen die tyd dat Harry in Oos-Afrika opgespoor word, is sy ma al dae lank dood. Harry kry die reuk van 'n groot gekonkel. Nie eens daai parmantige Ella Neser gaan hom keer nie. 

Nog 'n hoogtepunt in Chris Karsten se Ella Neser-oeuvre.
Publication date: 2021-09-10
Click to enlarge
Click to enlarge
9780798181631

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 220
Nadat Ella Neser as moordspeurder uit die polisie bedank het, het sy op plesierbote in die Karibiese See gaan werk. Toe kom die virus, en sy is verplig om na Suid­Afrika te repatrieer. Nou sit sy sonder werk en sonder toekoms. Sy word gevra om 'n private ondersoek te loods op die dorpie Osspruit in Mpumalanga. Vier jong manne het oënskynlik besluit om voor en tydens die inperkingstyd weg te loop, maar meer sinistere gebeure word agter hulle verdwynings vermoed . . .
Die aksie speel binne vier dae in Julie af, tydens die grendeltyd. Hoe dieper Ella begin krap, hoe meer besef sy daar is 'n gewetenlose brein wat agteraf konkel met die steenkoollorries na Eskom as rookskerm. Ella is genoodsaak om haar eie intuïsie te vertrou ten einde by die waarheid uit te kom - maar dit gebeur nie sonder verdere hikke en bloedlating nie.

Man uit die dode verskyn as krimi­vervolgverhaal op Netwerk24 en daarna in boekvorm by H&R. Dit speel af net voor die aanvang van Die versoeking van Thomas Maas.
Publication date: 2020-10-14
Click to enlarge
Click to enlarge
9780798181167

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 300
R 240You save R 60
WENNER ATKV WOORDVEERTJIEPRYS VIR SPANNINGSLEKTUUR 2021

Ella Neser is terug van haar Karibiese skeepsvaart, en soort van terug in Lou se arms. Haar nuwe opdrag, nou as private speurder, is 'n bisarre een. Donna Maas, huisvrou en eggenoot van die sielkundige Thomas Maas, is oortuig haar man het 'n skelmpie. En dit is Ella se taak om met die bewyse vorendag te kom.
Die roman begin egter by die einde van die verhaal, waar Ella haar finale verslag optik. Daar is 'n moord gepleeg, maar ons weet nie wie die slagoffer is nie, en nog minder, wie die skurk.

'n Verskeidenheid karakters word betrek in Die versoeking van Thomas Maas, waaronder Thomas, sy vrou, hul tienertweeling, Maas se pa, wat aan dementia ly, en ook die hoof van 'n perdeskool, Amalia Rojas.
Publication date: 2020-09-10
Click to enlarge
Click to enlarge
9780798182089

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 275
Speurder Ella Neser stel ondersoek in nadat vier voete in 'n Checkers-sak in 'n openbare tuin gevind word. Lou Pepler, eks-polisieman, nou sekuriteitskonsultant, glo dit hou verband met 'n saak wat hy 20 jaar gelede ondersoek het - die verdwyning van Billy Katz, rykmanseun en rokjagter. Ella se soektog lei na 'n begrafnisonderneming in Turffontein en die Pottas-familie. Maar hoe hou die voete verband met Billy Katz se verdwyning en die saak wat Lou sy loopbaan en amper sy lewe gekos het?
Publication date: 2020-04-12
Click to enlarge
Click to enlarge
9780798179829

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 310
“Daar is spore doodgevee. Iemand het die opdrag gegee vir wat met daai vyf moet gebeur. En ek wil weet wie.”

Daar is raaisels wat spook by Wim Kellerman, twee jaar ná die dood van Jack Niemand. Hy en Portis praat min daaroor waar hulle woel in die kweekhuis van Wim se skoenlapperboerdery op Wildernis. Maar dit bly sluimer tussen hulle. Want wat het geword van Portis se vyf jeugvriende wat in daai verskriklike jare van die tagtigs vermis geraak het? En hoekom is die lyke van Simon Pope, die destydse hoof van Bon Accord, en sy vrou, Rachel, nooit geïdentifiseer nie?

Al manier is om terug te loop op die spoor, voetjie vir voetjie. In sy beendere weet Wim sy ou aartsvyand Simon Pope lewe nog. Dis maklik om twee en twee bymekaar te sit, so hy koop 'n kaartjie Kanada toe, kwansuis vir skoenlappersoektogte. En gaan soek die meesterbrein agter die verdwyning van vyf kinders van die Kaapse Vlakte. Kry, sal hy hom kry. Dis 'n lewenstaak - vir Portis, en vir Wim.
Publication date: 2019-10-30
Click to enlarge
Click to enlarge
9780798179386

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 290
Nuwe uitgawe.
Op 'n fynbosplaas in die Langkloof word die oorskot van vier jongmense gevind. Onder dié wat antwoorde soek, is die amper-afgetrede joernalis Luther en die Struggle-veteraan Mosman, nou direkteur van 'n obskure intelligensieafdeling bemoeid met die identifikasie van die oorskot van dié wat verdwyn het tydens die geweldadige doodsnikke van apartheid en die opsporing van hul moordenaars. 'n Naam in 'n sprokiesboek lei hul na Luca Thom, marinebioloog en seun van die polisieberader Eddie Thom en die oudaktrise Carlita Rosati, en na die jaar waarin Luca sy pa verloor het.
Publication date: 2019-01-30
Click to enlarge
Click to enlarge
9780798178297

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 320
Boek een van 'n trilogie.
Abel bly steeds op die burgerregerf buite Johannesburg waar hy die grootste deel van sy lewe saam met sy versteurde moeder deurgebring het. Daar bewerk hy die velle van klein diertjies wat hy verruil vir die maskers en tsantsas uit Afrika en Suid-Amerika wat hy in sy galery in die stad verkoop. Vir sy vyftigste verjaarsdag het Abel spesiale planne. Hy wil vir hom 'n nuwe gesig uitsoek: dié van 'n mooi jong vrou.
Publication date: 2018-05-17
Click to enlarge
Click to enlarge
9780798176224

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 335
Elf jaar gelede is Ella Neser se pa amper noodlottig gewond. En nou, jare later, word die skuldige, Arthur Wilky, weens goeie gedrag op parool vrygelaat. Binne weke is daar egter nuwe moorde - en van die slagoffers is voormalige tronkmaats van Wilky.
In dié slotroman in die jongste Ella Neser-trilogie speel Karsten weer eens kat en muis met die leser. Wie ís die moordenaar, en waarom huiwer die Nommers-bendemitologie deurgaans soos 'n skaduwee op die rand van die verhaal?
Publication date: 2017-10-12
Click to enlarge
Click to enlarge
9780798174183

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 310
Ella Neser, befaamde speurder uit die Abel-trilogie en Die verdwyning van Billy Katz, is weer op die spoor van 'n raaiselagtige moord. In 'n voorstad van Johannesburg word Clara Heyns, voorbeeldige moeder van twee, dood gevind met engelvlerke aan. Te midde van kantoorpolitiek probeer Ella die leidrade naspeur, maar dan draai haar wêreld inmekaar: wie is die rooikop wat by haar geliefde Lou uithang? Die storie is briljant aanmekaargesit, met 'n plot wat die slimste leser sal fnuik.
Publication date: 2016-10-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9780798171076

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 335
Speurder Ella Neser stel ondersoek in nadat vier voete in 'n Checkers-sak in 'n openbare tuin gevind word. Lou Pepler, eks-polisieman, nou sekuriteitskonsultant, glo dit hou verband met 'n saak wat hy 20 jaar gelede ondersoek het - die verdwyning van Billy Katz, rykmanseun en rokjagter. Ella se soektog lei na 'n begrafnisonderneming in Turffontein en die Pottas-familie. Maar hoe hou die voete verband met Billy Katz se verdwyning en die saak wat Lou sy loopbaan en amper sy lewe gekos het?
Publication date: 2015-10-01
Click to enlarge
Click to enlarge

SUPPLIER OUT OF STOCK

9780798167840

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 300
Wanneer 'n nagklubbaas die katelknaap van sy minnares laat vermoor deur 'n huurmoordenaar, loop hy hom vas in die vermoorde se familie, die Hartslief-clan. Elie Hartslief is die brein; Antie Engel die hart; neef Boela die spiere; en die verfynde Moks die bek. Elie is deesdae amper respektabel en mnr. Morkel van Morkel Wealth se regterhand, maar sy broer se moord noodsaak dat die Hartsliefs laer trek. Maar hulle teenstanders is die Bogdan Petrescu en sy huurmoordenaar Lood - 'n man met 'n aanleg om mense op kreatiewe maniere dood te maak.
Publication date: 2014-10-01
Click to enlarge
Click to enlarge

SUPPLIER OUT OF STOCK

9780798167314

Fiction: Novels

Fiction  -  Novels
R 310
Abel finds himself in Bruges, with his friend and mentor Ignaz Bouts. Soon he is on the prowl again for skins with tattoos for his Cosmic Travels, now with Ignaz's help. In a Sleep Inn in Bez Valley, Ella Neser finds his tracks. But she also has her hands full with the murder of a corrupt official from Home Affairs, found frozen and naked, with his throat cut. A journalist suspects that he supplied South African documents to Muslim militants and other customers willing to pay.
Publication date: 2014-10-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9780798180221

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 285
Die polisie soek na 'n reeksmoordenaar. Die eerste lyk, dié van 'n vrou, word na 'n storm op die rotse gevind - vasgebind aan 'n paal met 'n papie in haar toegewerkte mond. Die lyke wat volg is elk op nog meer bisarre wyse agtergelaat.
Jack, 'n psigopaat, is sistematies besig om mense te elimineer vir sy enigmatiese meester, Minos. Die laaste slagoffers op Jack se lys is Wim, 'n skoenlapperboer naby Wildernis, en sy assistent, Portis. Beide het kontak gehad met die regeringsprojek Anthenor in die Apartheidsjare - Wim as navorser en Portis as jong struggleleier.
Publication date: 2014-10-01
Click to enlarge
Click to enlarge

SUPPLIER OUT OF STOCK

9780798169141

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 300
Die filmuitgawe van Abel se ontwaking.

Abel bly steeds op die burgerregerf buite Johannesburg waar hy die grootste deel van sy lewe saam met sy versteurde moeder deurgebring het. Daar bewerk hy die velle van klein diertjies wat hy verruil vir die maskers en tsantsas uit Afrika en Suid-Amerika wat hy in sy galery in die stad verkoop. Vir sy vyftigste verjaarsdag het Abel spesiale planne. Hy wil vir hom 'n nuwe gesig uitsoek: dié van 'n mooi jong vrou.

En hy is op die uitkyk vir tatoes wat sal pas by die temas van sy Kosmiese Joernale.

Inspekteur Ella Neser gryp die kans aan om haar eerste moord as ondersoekbeampte te hanteer. Sy het die beste leermeester, superintendent Silas Sauls, boelhond en koppestamper. Hierdie moord is egter ongewoon. Die liggaam is byna sagkens agtergelaat, behalwe vir 'n vreemde wond op die skouer.
Publication date: 2014-10-01
Click to enlarge
Click to enlarge

SUPPLIER OUT OF STOCK

9780798162814

Fiction: Novels

Fiction  -  Novels
R 335
"The second book in the Abel trilogy:
Ella Neser is on compulsory sick leave after her close encounter with Abel Lotz's scalpel. Between therapy sessions and harp lessons, she ponders over the photographs of Abel's four victims, dead set on catching him before he kills again. When a burglary results in the death of one of the victims, Ella returns to duty to catch the culprits. But she isn't the only one on their trail. Has Abel Lotz returned, or is there a new killer in Dorado Park?"
Publication date: 2013-10-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.