●●● FREE delivery on orders above R500 in RSA ●●● DISCOUNT APPLIES TO ONLINE ORDERS ONLY ●●●

Search results: Christine le Roux

Results 1 to 10 of 10
Sorted by:  Publication date
Click to enlarge
Click to enlarge
9780798180801

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 265
R 212You save R 53
Skynglans van geluk is die verhaal van Elise, 'n jong Suid­Afrikaanse skrywer wat al 'n geruime tyd in Amerika bly en dan inwillig om in 'n regisseursvriend se nuwe film te speel. Sy is egter onthuts toe sy ontdek dat die manlike hoofrol vertolk sal word deur 'n bekende filmster vir wie sy nie veel ooghare het nie.
In 'n Vonk van liefde moet 'n swanger vrou 'n nuwe lewe aanpak ná haar man se dood. Sy kry 'n betrekking as bestuurder van 'n gastehuis in die Karoo waar die eienaar van die plaas hom onverwags ook ontferm oor haar persoonlike welsyn, veral ná die koms van die baba.

'n Nuwe begin gaan oor 'n jong vrou wat ná 'n ernstige motorongeluk aan geheueverlies ly. Sy herken selfs nie haar man met wie sy al vyf jaar getroud is nie. En sy ontdek tot haar ontsteltenis dat die mens wat sy blykbaar die laaste paar jaar was, nie juis 'n aantreklike persoon was nie. Wil haar man haar regtig terughê?

Die perfekte leesstof vir 'n luilekker middag op die strand of in die bed voor slaaptyd.
Publication date: 2020-11-30
Click to enlarge
Click to enlarge
9780798177627

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 275
R 248You save R 27
Die ontbrekende helfte
Liefde uit die stormnag
Teësinnige erfgenaam

In die ontbrekende helfte word Yvette Faure deur 'n agentskap as sekretaresse na die verstrooide professor Rabe se huis gestuur.

In Liefde uit die stormnag soek 'n kunstenares skuiling in 'n hewige sneeustorm en is dae lank vasgekeer saam met 'n skatryk Kanadese nyweraar.

In Teësinnige erfgenaam ontdek die 28-jarige Melissa van Eeden ná afgesonderde grootwordjare skielik dat sy die erfgenaam is van 'n skatryk man en weet sy nie hoe om haar nuutgevonde vryheid te hanteer nie.
Publication date: 2019-11-11
Click to enlarge
Click to enlarge
9780798177542

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 275
R 248You save R 27
Liewe onskuld
Om lief te hê
'n Veilige hawe

In Liewe onskuld lyk die jong rabbedoe Olivia Joubert aanvanklik na 'n onwaarskynlike kinderoppaster, maar sy laat geen teenspraak toe nie.

In Om lief te hê aanvaar Hester Verster 'n pos by 'n plaasskool, maar die plaaseienaar is uit die staanspoor openlik vyandig teenoor haar.

In 'n Veilige hawe trou Madeleine met die doodgoeie Johan, al maak sy dit duidelik dat sy nie verlief is op hom nie.
Publication date: 2018-05-09
Click to enlarge
Click to enlarge
9780798174763

Fiksie: Liefdesromans

Fiksie  -  Liefdesromans
R 275
R 248You save R 27
Die honger hart
Deel van die pakket
Verskuilde liefde

In Die honger hart moet Julia Naudé haar peetpa se ongewone voorwaarde behou om die plaas, wat sy saam met die plaasbestuurder geërf het, te beskerm.  

In Deel van die pakket staan Gita van Duinen op die drumpel van 'n  nuwe lewe, maar meer veranderinge lê voor. 

In Verskuilde liefde, keer dr. Edmund Wiese terug uit die buiteland. Hy moet vrede maak met die leë kol wat sy broer, Fanie, agtergelaat het. En drie weke later maak hy 'n onverwagse ontdekking wat sy prioriteite verander.
Publication date: 2017-11-08
Click to enlarge
Click to enlarge
9780798174701

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 275
R 248You save R 27
Verborge liefde
Liefdesvallei
Uitdraai na Ukuthula
'n Hele nuwe mens
Tot in ewigheid

In ‹Verborge liefde sou Roland Meyer en Victoria Malan slegs 'n huwelik in naam hê, maar die liefde het ander planne.

Gerard Koch is allesbehalwe verwelkomend wanneer hy vir Julia Eksteen ontmoet in Liefdesvallei‹.

Laetitia Jonker bevind haarself in 'n onverwagse en ongemaklike situasie in Uitdraai na Ukuthula.

In 'n Hele nuwe mens word Madie dringend uitgeroep om na 'n baba om te sien.

Jacques en Kirsten trou na ses weke in Tot in ewigheid. Maar was dit die regte besluit?
Publication date: 2017-05-01
Click to enlarge
Click to enlarge

SUPPLIER OUT OF STOCK

9780798172615

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 260
R 234You save R 26
Bosnimf
Verwarde liefde
Bitter hartstog

Bosnimf: Aanvanklik veroorsaak die ou, stowwerige huis wat hy by sy tante erf vir Etienne Bernard net ergernis. Dan besef hy dat sy tante haar huis dalk met voorbedagte rade aan hom bemaak het. Wie is die sorgelose nimf wat in sy fontein baljaar en wat is haar verbintenis met sy tante? En waarom voel hy, 'n geharde alleenloper, nou skielik verantwoordelik vir haar?

Verwarde liefde: Nicky is uit die staanspoor vies vir die man wat as voog aangestel word oor haar en haar broer ná haar pa se dood. Wie dink Andrew is hy om vir haar oor die liefde te preek? Hy self leef soos 'n priester en beweer sy is onvolwasse. Maar sy kan dit nie help nie. Hy maak haar irrasioneel. En hy sal binnekort van haar ontslae wees wanneer sy mondig word . . .

Bitter hartstog: Reneé en dokter Richard Wessels besef gou dat hulle nie net toevallig albei uitgenooi is na gemeenskaplike vriende se strandhuis nie. Maar nadat Reneé se vorige kêrel haar gruwelik bedrieg het, het sy wraak gesweer teen alle mans. Sy laat Richard gou verstaan dat sy net een doel voor oë het - om mans te misbruik soos hulle háár misbruik het. Maar die liefde laat hom nie voorskryf nie.
Publication date: 2016-10-01
Click to enlarge
Click to enlarge

SUPPLIER OUT OF STOCK

9780798172431

Fiksie: Liefdesromans

Fiksie  -  Liefdesromans
R 260
R 234You save R 26
Tweede beste
Die uitkenningsparade
Verlore dekade

In Tweede beste het Nicolette se plan om vir Jack jaloers te maak onvoorsiene gevolge.

In Die uitkenningsparade bied Karlien aan om vir Steven Joubert te help vrou soek.

En in Verlore dekade kruis Alexandra se paaie weer met die van Ryno, die man wat sy al tien jaar lank probeer vergeet.
Publication date: 2016-04-01
Click to enlarge
Click to enlarge

SUPPLIER OUT OF STOCK

9780798169745

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 245
R 221You save R 24
Geskenk uit die hemel
Die lente kom weer
Kosbaar soos die lewe.

In geskenk uit die hemel leer die suksesvolle sakeman Pieter Louw vir Maja ken nadat hy haar per ongeluk raak ry. Só begin 'n voorlopige verblyfreëling wat tot talle onmoontlike en baie snaakse situasies lei.
In Die lente kom weer moet Frans Fourie aan 'n nuwe sekretaresse gewoond raak. Kristien is 'n uitstekende plaasvervanger, maar hoekom is hy teleurgesteld oor haar koel en onbetrokke houding?
In Kosbaar soos die lewe bedank Elizabeth Benade haar werk by 'n rekenaarfirma en gaan werk vir die moeilike dokter Richard Nel. Dis nie lank voor Elizabeth betrokke raak by dié dokter en sy seun se lewe nie.
Publication date: 2015-07-01
Click to enlarge
Click to enlarge

SUPPLIER OUT OF STOCK

9780798166102

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 235
R 212You save R 23
Die glasappel
Die blou uur
Die groen maan

Die glasappel is 'n heerlike roman waarin humor en eksentrisiteit sjarmant verweef is, en waarin ons vir 'n verandering na die liefde deur die man se oë kyk. Die suksesvolle argitek Theo Senekal was tot dusver nog nooit sonder 'n mooi meisie aan sy sy nie, maar nou is daar 'n verstrooide meisie wat dink hy is 'n messelaar en wat hom heeltemal deurmekaar maak.

In Die blou uur, besef die speurverhaalskrywer Klarissa du Toit dat haar man se werk as kriminoloog besig is om 'n wig tussen hulle in te dryf, en sy vertrek na Skotland om oor haar toekoms te dink.

In Die groen maan gaan dit oor die probleem waarvoor so baie mense te staan kom: of hulle met hul hart of hul kop moet besluit oor die liefde.
Publication date: 2014-06-01
Click to enlarge
Click to enlarge

SUPPLIER OUT OF STOCK

9780798159395

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 235
R 212You save R 23
'n Wêreld sonder hom
'n Kwessie van tegniek
Bewys van liefde


'n Wêreld sonder hom: Nicoline is dertig maar al die mans wat op haar verlief raak, verveel haar gou. Maar wanneer sy haar broer in die hospitaal besoek en haar ontferm oor die ander pasiënt in sy saal, neem haar lewe 'n ander wending.

'n Kwessie van tegniek: Alicia het tydens haar onderhoud met die begaafde akteur André Rosner haar so vererg dat sy vir hom presies gesê het wat sy van hom dink voordat sy uitgestorm het. Nou bevind sy haar op 'n klein Karoodorpie as draaiboekskrywer van 'n filmspan. En André Rosner speel die hoofrol.

Bewys van liefde: 'n Bekwame jong fisioterapeut sien hoe haar vriend se broer in selfbejammering verval en 'n kluisenaar raak na 'n ongeluk waarin hy verlam is. Sy besluit die enigste manier om hom uit sy neerslagtigheid te skok, is met 'n goeie dosis eerlikheid.
Publication date: 2013-05-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.