●●● FREE delivery on orders above R500 in RSA ●●● DISCOUNT APPLIES TO ONLINE ORDERS ONLY ●●●

Search results: Francine Rivers

Results 1 to 15 of 21
Sorted by:  Publication date
Click to enlarge
Click to enlarge
9781431617401

Fiksie: Christelik

Fiksie  -  Christelik
R 300
R 270You save R 30
Roman Velasco is 'n suksesvolle Los Angeles-kunstenaar wat oënskynlik alles het wat sy hart begeer - ʼn groot herehuis, geld, vroue en roem. Slegs Grace Moore, sy teësinnige nuwe assistent, weet hoe min hy regtig het.
Maar Grace weet nie hoe haar baas in die geheim met sy duiwels stoei nie: deur geboue te teiken as die Bird, 'n berugte maar ongeïdentifiseerde graffiti-kunstenaar - 'n alter ego wat Roman se loopbaan kan verwoes en hom in die tronk kan laat beland.
Soos Roman, worstel Grace ook met spoke en geheime van haar eie. Ná 'n rampspoedige huwelik haar lewe totaal van koers afgegooi het, het sy gesweer dat liefde nooit weer haar drome sal kniehalter nie. Maar soos sy die enigmatiese man agter die reputasie leer ken, is dit asof hulle gebroke stukke stadig inmekaar begin pas ... totdat iets onverwags gebeur wat die loop van hulle verhouding - en albei se lewe - onherroeplik onherroeplik
verander.
Die meesterstuk is ʼn splinternuwe liefdesverhaal deur bekroonde New York Times-topverkoper-outeur Francine Rivers wat jou herinner dat genade selfs die mees gebroke persoon in 'n onvolmaakte tog ongelooflike meesterstuk kan verander.
Publication date: 2018-01-29
Click to enlarge
Click to enlarge
9781496430601

Fiction: Christian

Fiction  -  Christian
R 300
R 270You save R 30
A successful LA artist, Roman Velasco appears to have everything he could possibly want—money, women, fame. Only Grace Moore, his reluctant, newly hired personal assistant, knows how little he truly has. The demons of Roman's past seem to echo through the halls of his empty mansion and out across his breathtaking Topanga Canyon view.
But Grace doesn't know how her boss secretly wrestles with those demons: by tagging buildings as the Bird, a notorious but unidentified graffiti artist—an alter ego that could destroy his career and land him in prison.
Like Roman, Grace is wrestling with ghosts and secrets of her own. After a disastrous marriage threw her life completely off course, she vowed never to let love steal her dreams again. But as she gets to know the enigmatic man behind the reputation, it's as if the jagged pieces of both of their pasts slowly begin to fit together . . . until something so unexpected happens that it changes the course of their relationship—and both their lives—forever.
Publication date: 2018-01-29
Click to enlarge
Click to enlarge

SUPPLIER OUT OF STOCK

9781868296804

Fiksie: Christelik

Fiksie  -  Christelik
R 70
R 63You save R 7
Daar word vyf vroue in Jesus se geslagsregister genoem. Oosterse vroue wat in antieke tye geleef het, en tog kan ons hulle verhale toepas op ons eie lewe en die moeilike kwessies waarvoor ons te staan kom. Hierdie vroue was nie perfek nie, maar God het hulle steeds in sy oneindige genade gebruik in sy perfekte plan om die Christus in die lewe te bring; die Verlosser van die wêreld. Die eerste van die vroue wat in die geslagsregister genoem word, is Tamar.
Tamar is verraai deur die mans wat haar toekoms beheer het, maar het geveg vir die reg om in ʼn liefdevolle God te glo. Sy het haar lewe gewaag om die vrou te wees waarvoor sy geroep is.
In Tamar vergestalt die oorweldigende waardheid dat God ons omstandighede en ons soeke na Hom kan gebruik om sy plan te laat vervul.
Publication date: 2017-03-17
Click to enlarge
Click to enlarge
9781868298419

Fiksie: Christelik

Fiksie  -  Christelik
R 70
R 63You save R 7
Daar word vyf vroue in Jesus se geslagsregister geÂ-noem. Oosterse vroue wat in antieke tye geleef het, en tog kan ons hulle verhale toepas op ons eie lewe en die moeilike kwessies waarvoor ons te staan kom. Hierdie vroue was nie perfek nie, maar God het hulle steeds in sy oneindige genade gebruik in sy perfekte plan om die Christus in die lewe te bring; die Verlosser van die wêÂ-reld. Die laaste van die vroue wat in die geslagsregister genoem word, is Maria.
Maria was 'n vrou van gehoorsaamheid. Haar reÂ-putasie was op die spel, maar sy het steeds gekies om die wil van God te gehoorsaam. Toe God praat, het Maria eenvoudig in gehoorsaamheid gereageer. Hierdie nederige meisie sou die langverwagte MesÂ-sias in die wêreld bring. Sy het nie geweet die grootÂ-maak van 'n perfekte seun sal haar hart breek en haar wêreld vir altyd verander nie.
Publication date: 2017-03-01
Click to enlarge
Click to enlarge

SUPPLIER OUT OF STOCK

9781431604784

Fiksie: Christelik

Fiksie  -  Christelik
R 200
R 180You save R 20
Twee vroue, meer as 'n eeu van mekaar verwyder, maar tog verbind deur 'n verweerde joernaal terwyl hulle worstel met God, hul mans en hulleself ... Tot hulle die omhelsing aanvaar van die Een wat hulle onvoorwaardelik liefhet.
Ná Sierra Madrid se lewe omvergegooi is, erf sy 'n spesiale kwilt en joernaal van haar voorouer Mary Kathryn McMurray. Kathryn was 'n jong vrou wat ontwortel is en op pad na Oregon baie teespoed beleef het. Al word die vroue deur omstandighede en tyd geskei, sien Sierra dat baie van hulle probleme ooreenstem. Die pad is vir beide vroue baie moeilik en dit neem lank om te aanvaar en te vergewe. Maar albei gee hulle oor aan God se soewereiniteit en aanvaar sy onvoorwaardelike liefde om vrede en berusting te ervaar.
Die rooi koord is 'n verhaal vol moed en uithouvermoe en die wete dat God elkeen volkome liefhet.
Publication date: 2014-09-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781868299720

Fiksie: Christelik

Fiksie  -  Christelik
R 200
R 180You save R 20
Paul Hudson was vasbeslote om sy kerk op te bou, maar teen watter prys?

Toe Paul Hudson aanvaar het om leraar van 'n sukÂ-keÂ-lende kerk te word, het hy nie geweet wat om te verwag nie. Hy het gehoop hy kan God behaag met sy planne en harde werk.

Dit het Paul nie lank geÂ-neem om Centerville ChrisÂ-teÂ-like Kerk reg te ruk nie. Die bywoning het toeÂ-geÂ-neem en die kinderÂ-proÂ-gram se bywoning was die beste in jare. Alles het goed gegaan. As sy vrou dit maar net wou sien. Tog het hy nie toegelaat dat haar swye hom steur nie ...

Soos sy geesdrif en amÂ-bisie groei, vergeet hy van die Een wat hom geroep het. Terwyl Paul en dié om hom probeer onderskei wat dit beteken om werklik hulle geloof uit te leef, moet hulle kies tussen die wil van mense en dié van God.

In en die Ramshoring het geblaas lees ons van die verskillende maniere waarop mense dink God met hulle praat asook hulle reaksies daarop.
Publication date: 2014-05-01
Click to enlarge
Click to enlarge

SUPPLIER OUT OF STOCK

9781431608461

Fiksie: Christelik

Fiksie  -  Christelik
R 200
R 180You save R 20
Dis die 1950's in Hollywood. Lena Scott is die blinkste opkomende ster op die silwerdoek sedert Marilyn Monroe. Min mense weet egter dat haar regte naam Abra is en van die prys wat sy moes betaal om uiteindelik te voel sy beteken iets.
Vir dominee Ezekiel Freeman sal Abra altyd die pasgebore babatjie wees wat hy onder 'n brug aan die buitewyke van Haven gevind het. Zeke en sy seun, Joshua - Abra se beste vriend - kyk hoe sy as 'n eksotiese skoonheid grootword. Maar Zeke weet dat die omstandighede rondom haar geboorte , littekens op haar hart gelos het. Dit maak haar weerloos en vatbaar vir 'n gladdemond, twyfelagtige jong man wat haar voete onder haar uitslaan en haar na Hollywod se liggies lok.
Abra leer vinnig wat word verwag van 'n ambisieuse jong meisie. Maar roem kom teen 'n verskriklike prys. Sy het elke brug verbrand om te kry presies wat sy gedink het sy wil he. Nou wil sy net huis toe gaan.
Die Brug na Haven is die langverwagte nuwe roman deur Francine Rivers. Dit is 'n meesleurende verhaal van versoekings, genade en onvoorwaardelike liefde.
Publication date: 2014-04-01
Click to enlarge
Click to enlarge

SUPPLIER OUT OF STOCK

9781868524242

Fiction: Christian

Fiction  -  Christian
R 170
R 153You save R 17
Dynah Carey knew where her life was headed. Engaged to a wonderful man, the daughter of doting parents, a faithful child of God, she has it all. Then the unthinkable happens: Dynah's perfect life is irrevocably changed by a rape that results in an unwanted pregnancy.
Her family is torn apart and her seemingly rock-solid faith is pushed to the limits as she faces the most momentous choice of her life: to embrace or to end the life within her. This is ultimately a tale of three women, as Dynah's plight forces both her mother and her grandmother to face the choices they made.

Written with balance and compassion, The Atonement Child brings a new perspective to the most controversial topic of our times.
Publication date: 2013-09-20
Click to enlarge
Click to enlarge

SUPPLIER OUT OF STOCK

9781431604883

Fiksie: Christelik

Fiksie  -  Christelik
R 200
R 180You save R 20
Leota se tuin was eens 'n plek van prag en vrede. Waar sy kon kniel voor 'n liefdevolle God en bid vir haar kinders wat nie haar stille opofferings kon verstaan nie. Dit was haar heiligdom waar sy kon wegkruip teen die seer en die gevolge van 'n verskriklike oorlog.

Maar nou is sy 84 en haar tuin is verwaarloos. Haar pogings om versoen te word met haar volwasse kinders blyk sinneloos te wees. Wanneer sy na haar liefdevolle Vader en enigste Vriend draai, kom die verandering op 'n onverwagse manier: 'n student wat dink hy het al die antwoorde en 'n kleindogter wat sy nooit gedink het sy sou ken nie.

Maar het Leota genoeg tyd? Kan die skade wat familie-geheime aangerig het betyds reggemaak word?

Leota se tuin deur Francine Rivers is 'n kragtige verhaal van hoop.
Publication date: 2013-08-08
Click to enlarge
Click to enlarge
9781770004665

Fiksie: Christelik

Fiksie  -  Christelik
R 250
R 225You save R 25
Agter elke man wat gehelp het om die geskiedenis te vorm, staan die helde wat dit vir altyd verander het. Soos net Francine Rivers dit kan doen, vertel sy die verhale van vyf sulke geloofsmanne wat getrou na God se stem geluister het in die skadu van die leiers wat Hy uitverkies het:

- Aäron wat ons Ewige Hoëpriester simboliseer.

- Kaleb wie se toewyding mense gedring het om hulle geloof in dade om te sit.

- Jonatan wie se nederigheid gelei het tot 'n vriend­-skap met die man wat in sy plek sou koning word.

- Amos wat ten spyte van heftige teenkanting die Israeliete gewaarsku het oor die naderende oor­log wat hulle sou vernietig.

- Silas wat die apostels se woorde op skrif gestel het sodat dit vir die geslagte behoue kon bly.



Deur Francine se meesterlike vertelvermoë en aan­grypende karaktersketse sal lesers elkeen van hier­die manne op 'n besondere wyse leer ken.
Publication date: 2008-05-03
Click to enlarge
Click to enlarge

SUPPLIER OUT OF STOCK

9781868297160

Fiksie: Christelik

Fiksie  -  Christelik
R 190
R 171You save R 19
In hierdie aangrypen­de roman, boek 2 in die die Merk van die leeu-reeks, neem Francine Rivers lesers terug na 'n ander tyd en kultuur, en tóg her­­ken ons onsself, ons ge­liefdes en ons wêreld in die blad­sye van hierdie boek. Die hand van God is duidelik sig­baar in die verhaal van Hadassa en Mar­kus soos die evan­gelie van Jesus Christus ontvou en Hy sy men­se be­mag­tig om die wêreldse dinge te oorwin.
'n Eggo in die duisternis is 'n getuienis van die liefde. Dit is 'n boeiende verhaal wat in eg menslike terme weergegee word. Dit vertel van Hadassa se getrouheid aan haar Verlosser en Markus se soeke na God. Die boek spreek tot elke leser omdat hulle kan identi­fiseer met hierdie twee karakters se wors­te­ling rondom hulle geloof en hulle liefde vir mekaar. In hierdie verhaal sal lesers opnuut ontdek wat dit bete­ken om na God se stem te luister.
Publication date: 2006-05-30
Click to enlarge
Click to enlarge

SUPPLIER OUT OF STOCK

9781868299621

Fiksie: Christelik

Fiksie  -  Christelik
R 250
R 225You save R 25
Die vroue in die geslagsregister van Jesus Christus was dapper, het risiko's geneem en die onverwagte gedoen. Hulle was nie perfek nie, en tog het God hulle in sy wonderlike plan gebruik om die Verlosser van die wereld voort te bring. Ons leef in moeilike tye en soek antwoorde op miljoene vrae. Hierdie vroue kan vir ons die weg wys. Die lesse wat ons by hulle kan leer, is vandag net so toepaslik as in die tyd toe hulle geleef het. Die verhale van die vyf vroue in die geslagsregister van Jesus in nou in een titel beskikbaar. Tamar was 'n vrou van hoop. Ragab een van geloof. Rut was die vrou van liefde en Batseba het ongeewenaarde genade ontvang. En dan is daar Maria, die vrou van gehoorsaamheid. Met die lees van hulle verhale sal jy beter begrip kry vir God se plan met die wereld en tot die besef kom dat hierdie plan ook vir jou insluit.
Publication date: 2006-05-14
Click to enlarge
Click to enlarge

SUPPLIER OUT OF STOCK

9781868293718

Fiksie: Christelik

Fiksie  -  Christelik
R 190
R 171You save R 19
In 'n eeue oue kultuur skrikwekkend eenders as die hedendaagse moderne Amerika, veg 'n jong slavin om die behoud van die mense en die man wat sy lief­het.
Verskeur deur haar liefde vir 'n aantreklike jong edelman probeer sy desperaat aan haar geloof in 'n lewende God vashou; 'n God wat sy glo hulle kan ver­los van die verslawende mag van 'n dekadente Rome.

Hierdie meesterlike en opwindende roman uit die pen van die gewilde skrywer Francine Rivers is be­stem om tot die hart te spreek van elkeen wat dit lees. Die boodskap is een van waarheid en hoop in 'n wêreld vol leuens en wanhoop.
Publication date: 2006-05-10
Click to enlarge
Click to enlarge

SUPPLIER OUT OF STOCK

9781770002067

Fiksie: Christelik

Fiksie  -  Christelik
R 70
R 63You save R 7
Francine Rivers se tweede boek in die Manne van geloof-reeks vertel die verhaal van Kaleb, 'n man van durf en daad wat harte aangevuur het. 'n Man van aksie wie se dapperheid lewens gered het. 'n Man van geloof wie se passie hom na God gedryf het.
Publication date: 2006-05-01
Click to enlarge
Click to enlarge

SUPPLIER OUT OF STOCK

9781868294862

Fiksie: Christelik

Fiksie  -  Christelik
R 170
R 153You save R 17
Dyna Carey was 'n gelukkige jong vrou: verloof aan 'n wonderlike man, haar ouers se oogappel en 'n getroue kind van God.
Dan, in één afgryslike, vreeswekkende oomblik, gebeur die ondenkbare, die onvergeeflike, die ergste wat met enige vrou kan gebeur ... en Dynah se perfekte lewe spat aan skerwe.
Publication date: 2006-04-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.